Die Boekklub Seisoen 2 – nou op Showmax

Die tweede seisoen van kykNET se geliefde dramareeks Die Boekklub is van 12 Julie op Showmax te sien, met ‘n nuwe episode wat weekliks op Woensdae beskikbaar gemaak sal word.

Met seisoen 2 is ons terug in die klein Karoodorpie Merweville, waar Tom en Sofia saam die gastehuis bedryf – en elke dag baklei. Lillie is in Parys, maar sy en Tom gesels darem gereeld. Anna sien om na haar pasiënte, Herman boer met mening, Hanli is swanger en Gerwin het groot planne vir die skool. Die lewe gaan dus aan.

Maar die lewe is mos nooit nét maanskyn en rosegeur nie.

Daar lê moeilike tye voor vir die boekklub: Geboortes, troues, liefdes. Begrafnisse, hartseer en verlange. Ou lede verlaat die klub, en nuwe lede sluit aan. Ons ontmoet vir Lourens, die nuwe speurder op die dorp. Wanneer hy by die boekklub aansluit begin sy reis om te ontdek presies waartoe hy alles in staat is.

Hanli se dogter Kara keer ook hierdie seisoen terug na Merweville. Hanli is bekommerd hieroor, maar Kara sien dit as ʼn kans om haar batterye te herlaai – en ’n boekklub is mos net die ding hiervoor.

Die rolverdeling sluit steeds almal se gunstelinge – soos Armand Aucamp, Jana Cilliers en June van Merch in, en Karli Heine en De Klerk Oelofse sluit by die rolverdeling aan, maar in die tweede episode maak die gevierde aktrise Antoinette Kellermann en die jong uitskieter Tessa Denton ook ʼn verskyning.

In hierdie reeks moet Tom die finale tree tot volwassenheid neem, terwyl ander karakters balans moet vind, vrede maak met hul menslikheid en allerhande uitdagings in die gesig staar, want almal is besig om te groei – maar soos Tom en die ander lede van die boekklub leer: groei is nooit maklik nie. Kyk sommer dadelik die hele eerste seisoen as jy dit gemis het, want die tweede seisoen van Die Boekklub gaan jou nog dieper raak. Al die drama is op Showmax hierdie Julie.

Vanaf 12 Julie is Die Boekklub Seisoen 2 vir die eerste keer op Showmax beskikbaar. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie reeks op 12 Julie aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.