Dié flieks en reekse in Augustus op Showmax te sien

Alone Together, Reverie en HBO se Succession is maar net van die reekse wat vanaf Augustus op Showmax te sien is. Daar is ook die jongste episodes van Younger (seisoen 5) en Vikings (seisoen 5).

Internasionale reekse

Alone Together (Foto: ABC)

Alone Together (eerste op Showmax)
Los Angeles is ʼn rowwe stad, maar twee vriende staan mekaar by in dié nuwe komediedrama om jou drome te bereik.
Beplande datum van vrystelling: 1 Augustus op Showmax

Succession (HBO) (eerste op Showmax)
Logan Roy het ʼn suksesvolle onderneming gebou en nou moet hy besluit watter een van sy kinders by hom sal oorneem. Almal is egter nie tevrede met sy planne nie…
Beplande datum van vrystelling: 6 Augustus op Showmax

Reverie (eerste op Showmax)
Drome en realiteit meng in Reverie, ʼn nuwe virtuelerealiteitspeletjie. Wanneer die spelers egter gestrand raak, is een vrou hul enigste uitkomkans. Eerste en slegs op Showmax te sien.
Beplande datum van vrystelling: 13 Augustus op Showmax

Dark Angel (eerste in Suid-Afrika op Showmax)
Mary Ann Cotton sal enigiets doen om haar lewe uit ʼn klein myndorpie te ontvlug, selfs moord pleeg. Beleef die donker verhaal van een van Engeland se berugste reeksmoordenaars.
Beplande datum van vrystelling: 1 Augustus op Showmax

Younger (seisoen 5, episodes 5-12)
Sedert Charles se ontdekking het sy verhouding met Liza ʼn nuwe fase betree. Volg die wipwarit van Liza se lewe met die laaste episodes van seisoen 5. Kyk die reeks op Showmax

Kevin (Probably) Saves the World
Kevin is ʼn regte niksnuts en bereik ʼn laagtepunt wanneer hy by sy suster intrek. Dan leer hy dat hy veronderstel is om die wêreld te red in dié prettige nuwe komedie.
Beplande datum van vrystelling: 1 Augustus op Showmax

Here and Now (HBO)
Hulle lyk dalk soos die ideale gesin, maar daar is probleme wat onderlangs sluimer. ʼn Sielkundige daag op om te help, maar dan word dinge al hoe lawwer in dié nuwe donker komedie.
Beplande datum van vrystelling: 1 Augustus op Showmax

Vikings (seisoen 5)
Die Vikings-saga skuif van Ragnar na sy seuns wat stadigaan die wêreld verower. Intussen is Floki op soek na Asgard, die tuiste van die gode.
Beplande datum van vrystelling: 1 Augustus op Showmax

Blood Oil (seisoen 1)
Dis alles of niks nie vir ʼn jong egpaar wat verhuis het om met olie ryk te word. Maar hulle kom te staan teen ʼn ryk oliemagnaat wat alles van hulle wil wegvat.
Beplande datum van vrystelling: 20 Augustus op Showmax

Nuwe flieks

RED 2
Aftrede is totaal vervelig, maar hierdie spioene het ʼn nuwe sending: red die wêreld! Met Bruce Willis, Helen Mirren en Anthony Hopkins.
Beplande datum van vrystelling: 2 Augustus op Showmax

Wallace and Gromit: The Curse of the Were-Rabbit
Wallace is verlei deur Lady Tottington, maar hy het kompetisie. Dis nie ʼn probleem nie: hy en sy hond Gromit sal bloot die reusagtige haas aankeer wat die hele dorp terroriseer!
Beplande datum van vrystelling: 2 Augustus op Showmax

Man Down
Gabriel keer terug van Afghanistan en nou wil hy sy vervreemde vrou en kind opspoor. Maar dan moet hy sy eie probleme oorkom in dié spanningsvolle drama.
Beplande datum van vrystelling: 6 Augustus op Showmax

Rango
ʼn Verkleurmannetjie beland per ongeluk in ʼn klein dorpie en word vir die sheriff aangesien. Hy neem die rol aan, maar dit is meer as wat hy kan hanteer!
Beplande datum van vrystelling: 9 Augustus op Showmax

Spy Kids
Wanneer hul spioen-ouers verdwyn, gryp Carmen en Juni ʼn sak vol hoëtegnologie-toerusting en moet op hul intellek staatmaak om hul ma en pa te red in dié opwindende avontuur.
Beplande datum van vrystelling: 16 Augustus op Showmax

Spy Kids 2: The Island of Lost Dreams
Die kinders is terug en op pad na ʼn geheime eiland vir hul jongste sending. Hulle kom egter teen ander spioen-kinders te staan en moet hul grootste toets nog oorkom.
Beplande datum van vrystelling: 16 Augustus op Showmax

Spy Kids 3-D: Game Over
ʼn Bose skurk, die Toymaker, het een van die spioen-kinders ontvoer! Junie moet sy sussie help in dié opwindende slotverhaal in die trilogie.
Beplande datum van vrystelling: 16 Augustus op Showmax

Hardcore Henry
Henry weet niks nie, buiten dat sy vrou ontvoer is en hy is ʼn kragtige half-robot wat haar kan red. Moenie dié lawwe en unieke fliek propvol aksie mis nie!
Beplande datum van vrystelling: 23 Augustus op Showmax

Nie-fiksie-reekse

Rock and a hard place (Foto: HBO)

Rock and a Hard Place
ʼn Radikale oefenkamp vir jong oortreders maak ʼn verskil in die stryd teen ʼn toenemende getal gevangenes in Amerika. Stap saam met Dwayne Johnson in die tronk wat lewens red.
Beplande datum van vrystelling: 13 Augustus op Showmax

Princess Diana’s Wicked Stepmother
Raine Spencer was byna net so bekend soos haar stiefdogter, met wie sy nie oor die weg gekom het nie. Toe prinses Diana se huwelik tot ʼn einde kom, het die twee se verhouding egter verbeter en ʼn vriendskap het begin blom.
Beplande datum van vrystelling: 30 Augustus op Showmax

Nuwe kinderreekse

Peppa Pig Special: Golden Boots
Juffrou Duck is weg met spesiale goue stewels, so Peppa en haar vriende moet dit opspoor. Hulle sal lande en die see oorsteek en selfs ruimte toe gaan!
Beplande datum van vrystelling: 2 Augustus op Showmax

Nuwe Suid-Afrikaanse reekse

Parlement Parlement

Parlement Parlement (seisoen 1)
Die lagwekkende geselsprogram is terug! Elana Afrika-Bredenkamp en haar span nooi Suid-Afrika se snaaksste komediante om sake van die dag in ʼn ligte luim te bespreek.
Beplande datum van vrystelling: 2 Augustus op Showmax

Reconciliation: Mandela Miracle
Suid-Afrika was in ʼn stadium op die randjie van ʼn oorlog, maar Nelson Mandela het gehelp om apartheid te ontbind. Kyk wat gebeur het om ʼn land te red.
Beplande datum van vrystelling: 2 Augustus op Showmax

Eoan: Ode aan die Opera-Era
Die Eoan-groep is een van Suid-Afrika se oudste teatergroepe en het ʼn ryk geskiedenis wat aktivisme betref. Dié ongelooflike dokumentêr ondersoek argief-beeldmateriaal, onderhoude en die mooiste musiek.
Beplande datum van vrystelling: 6 Augustus op Showmax

Boere op die Aardsdrempel
Ná die Britse die Boere-republiek oorwin het, het vlugtelinge na Patagonië in Argentinië verhuis. Hulle is vandag nog daar en probeer hul kultuur aan die gang hou. Hierdie verstommende dokumentêr vertel hul verhaal.
Beplande datum van vrystelling: 9 Augustus op Showmax

Die Boland Moorde (seisoen 2)
Maak nie saak hoe geheimsinnig ʼn moord is nie, André, Shane en hul span is daar om die misdadigers aan te tree.
Beplande datum van vrystelling: 13 Augustus op Showmax

Neill Anthony: Private Chef (seisoen 1 en 2)
Privaat sjef Neill Anthony maak kos vir die wêreld se rykste en beroemdste mense. Nou maak hy sy deure oop vir die wêreld en deel sy liefde vir kos in dié heerlike reeks. Kyk  op Showmax

Bitten: Sarah Graham Cooks Cape Town (seisoen 1)
Sarah se prettige benadering tot kosmaak het gelei tot ʼn webjoernaal, resepteboek en TV-reeks.
Beplande datum van vrystelling: 16 Augustus op Showmax

Hidden Heart
Chris Barnard het wêreldberoemd geword vir die eerste suksesvolle hartoorplanting. Maar agter dié sukses was daar ʼn onbekende swart man: Hamilton Naki. Hierdie is sy verhaal.
Beplande datum van vrystelling: 20 Augustus op Showmax

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.