Dié goue oues nou op Showmax te sien

Daar is ʼn paar reekse wat mens weer en weer kan kyk en die aanhangers van hierdie programme sal selfs dialoog uit die reeks kan aanhaal.

Al die gunstelingreekse is nou op Showmax beskikbaar – maak seker jy teken in sodat jy ook saam oor dié programme en hul karakters se doen en late om die koffiekan by die werk kan gesels! Daar is selfs ʼn 14 dae gratis proeflopie beskikbaar.

Frasier

Dr. Frasier Crane (Kelsey Grammer) sit gereed om na jou te luister – en al 11 seisoene van die sitkom Frasier (1993 – 2004) is nou op Showmax beskikbaar. Frasier staan bekend vir sy skerp sin van humor, intelligente dialoog en ondanks die feit dat Frasier en sy broer, dr. Niles Crane (David Hyde Pierce) absolute snobs is, het hulle probleme net soos ons.

Kyk Frasier nou op Showmax.

Frasier on ShowMax

Enjoy your tossed salads and scrambled eggs? There's a show for that! S1-11 of Frasier now on ShowMax: http://shw.mx/2g48A1t.

Posted by Showmax on Wednesday, December 7, 2016

 

Friends

“How you doin?”, “We were on a break!”, “Pivot!” en al die lirieke vir Smelly Cat laat dink jou dadelik aan dié ses vriende wie se lewens ons tussen 1994 en 2004 gedeel het. Rachel Green, Ross Geller, Monica Geller, Joey Tribbiani, Chandler Bing and Phoebe Buffay was die groep vriende, almal tussen 20 en 30 jaar oud, wat saam gelag en gehuil het deur hul liefdesteleurstellings, verhoudings, familieprobleme en die verrassing van vriendskap.

Kyk Friends nou op Showmax.

 

Grey’s Anatomy

Vroue is dol oor dié drama (2005–) wat in die Seattle Grace-hospitaal afspeel, en dis nie net oor McDreamy of McSteamy nie. Die verhaal fokus op die lewe van ʼn aspirant chirurg Meredith Grey. Sy is boonop die dogter van een van die beste chirurge, dr. Ellis Grey. Meredith beleef deur die reeks persoonlike en professionele uitdagings saam met haar kollegas.

Kyk Grey’s Anatomy nou op Showmax.

 

Desperate Housewives

Al agt seisoene van die vroue van Wisterialaan (2004-2014) is nou op Showmax beskikbaar. Ontmoet al jou bure: daar is die nuweling Susan (Teri Hatcher), die perfeksionis Breë (Marcia Cross), die ma Lynette (Felicity Huffman) wat ʼn breek soek uit haar dolle gesinslewe, die voormalige model Gabrielle (Eva Longoria) en die mannejagter Edie (Nicolette Sheridan). Die reeks begin met Mary Alice se selfmoord en as die verteller van die reeks kan sy al die skinderstories aan die lig bring.

Kyk Desperate Housewives nou op Showmax.

Teken in op Showmax om dié kwaliteit reekse en nog vele meer te kyk, net wanneer en waar jy wil. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.