‘Die Kontrak’ is terug

Demi Lee Moore op die Afrikaans is Groot-verhoog nadat sy as wenner van ‘Die Kontrak’ aangewys is.

Die tweede seisoen van Die Kontrak, die sangkompetisie wat sowat vier jaar gelede die loopbaan van onderskeidelik Demi Lee Moore, Ivan Roux en Wilha Carstens afgeskop het, sal eersdaags weer op die kassie te sien wees.

Die Kontrak 2 sal vanjaar op e.tv uitgesaai word en ʼn platekontrak van R1 miljoen van Coleske Artists is weer op die spel.

Vanjaar se mentors is Karlien van Jaarsveld, Tarryn Lamb, Refentse en Monique Steyn. Hulle gaan help soek na die Afrikaanse musiekbedryf se volgende groot ster.

Jo Black, Corlea Botha en Barry Pretorius sal as kenners optree.

Die inskrywings vir die kompetisie is amptelik oop en sluit op Vrydag 29 April. Die program word vanaf Augustus vanjaar uitgesaai.

Ivan Roux en Demi Lee Moore kort voordat Moore as die wenner van die eerste seisoen van ‘Die Kontrak’ aangewys is.

“Dit is nou jou kans om een van ons land se blinkste sterre te word. Wie weet, dalk staan jou naam op daardie kontrak,” sê Demi Lee Moore, wat in 2018 as die wenner van die kompetisie aangewys is.

Sy is amptelik op 23 November 2018 by die Afrikaans Is Groot-konsert in die Sun Arena in Pretoria aangekondig. Sy het ook op dié konsert opgetree as deel van haar prys.

Sy het intussen drie suksesvolle albums getiteld Mis eet slaap herhaal (2018), Country (2019) en Jy ken my naam (2021) uitgereik.

“Waag ʼn kans. Ek het en my wildste drome het waar geword.”

Besoek Die Kontrak se webwerf hier vir meer inligting oor die kompetisie.

⭐ ONS IS TERUG en nóú is die begin van jóú tyd! Uiteindelik, na vier jaar se wag, is die inskrywings vir die tweede seisoen van Die Kontrak amptelik OOP! Besoek www.wendiekontrak.co.za vir alles wat jy moet weet. Is dit nou die begin van jóú tyd? Deel hierdie plasing met almal wat jy ken en merk iemand hier onder wat verdien om hulle droom waar te maak! Ons soek Afrikaans se nuwe blinkste ster, vir 'n R1 000 000 platekontrak by Coleske wat hulle hele lewe gaan verander. Die mentors Karlien van Jaarsveld, Tarryn Lamb, Refentse en Monique Steyn kry elk net twee kontrakte om aan finaliste te bied, is een van hulle joune?Inskrywings sluit 29 April. Vanaf Augustus 2022 op e.tv!Corlea Barry Pretorius Jo BlackDemi Lee Moore Bobby Van Jaarsveld Pulane Nel-Sekepe#DieKontrak

Posted by Die Kontrak on Thursday, March 31, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.