Dié opwindende reekse in April op Showmax te sien

Showmax bied in April uitstekende reekse aan – jy kan net agteroor sit en kyk! Raak meegevoer in die avonture van Olivia Pope en Harry Bosch, ondersteun jou gunstelingspan in Survivor, ervaar opnuut die tragedie van die Titanic. Kyk ook Stan Lee se “The Lucky Man”, Marvel se “Runaways” en die gesinskomedie Happy Family – daar is iets vir almal!

1. Survivor, Seisoen 32: Brains vs Brawn vs Beauty

Wie sal oorleef? Daar is drie groepe: die slimmes, die gespierdes en die mooies. Dié “skipbreukelinge” moet teen mekaar meeding om uiteindelik met die groot prys weg te stap. Kyk die reeks nou op Showmax.

2. Bosch, Seisoen 4

Speurder Harry Bosch is terug om ʼn spanningsvolle saak te takel wat Los Angeles in chaos kan dompel. Dié reeks is gebaseer op Michael Connelly se topverkoper-misdaadboeke. Bosch Seisoen 4 is van 20 April op Showmax beskikbaar.

3. Happy Family

ʼn Prettige gesinskomedie oor ʼn egpaar wat uitsien na ʼn stil huis, nou dat hul kinders volwassenes is. Maar hul kinders is nog nie gereed om die nes te verlaat nie … Kyk Happy Family nou op Showmax.

4. The Fixer

Olivia is die beste persoon wat jy kan aanstel: maak nie saak hoe groot jou skandaal is nie, sy kan dit wegsteek. Haar persoonlike lewe is egter ʼn groot gemors. Kyk Seisoen 1 – 5 nou op Showmax.

5. Marvel’s Runaways

Ses tieners ontdek hul ouers is eintlik berugte skurke wat donker geheime bewaar, moet hulle saamspan om hulle te keer – voor dit te laat is … Marvel’s Runaways is vanaf 13 April op Showmax beskikbaar.

6. Top of the Lake, Seisoen 2

Robin verhuis na Sydney, om weg te kom van haar vorige saak. Maar dan neem dinge ʼn onverwagse wending wanneer ʼn tas met ʼn gru vonds uitspoel. Kyk Top of the Lake Seisoen 2 nou op Showmax.

7. Once Upon A Time

Emma moet seker maak borgtog word betaal, maar sy is dalk ook Sneeuwitjie! Sy is egter nie die klein prinsessie waaraan jy dink nie … Seisoen 1 – 5 is nou op Showmax beskikbaar.

8. The Durrells, Seisoen 2

Louisa wil nie meer arm wees nie. Sy begin ʼn stalletjie in ʼn mark – maar sal die plaaslike inwoners gereed wees daarvoor? Die eksentrieke Durells is terug in nog ʼn seisoen vol malligheid. Kyk The Durrells Seisoen 2 nou op Showmax.

9. Marvel’s Agents of SHIELD

Die agente van die Strategic Homeland Intervention Enforcement and Logistics Division (SHIELD) word ontbied wanneer superhelde nie kan help nie. Hulle moet verhoed dat Hydra die wêreld oorneem in dié aksiegelaaide reeks van Marvel Comics. Kyk Seisoen 1 – 3 nou op Showmax.

10. Titanic

Beleef die mees tragiese seevaart in moderne geskiedenis en volg die verhale van die passasiers – van die rykstes tot die armstes in dié aangrypende minireeks. Kyk Titanic nou op Showmax.

11. Watching Ellie

Ellie probeer haar musiekloopbaan en dolle lewe balanseer. Volg al haar avonture in dié nuwe komedie. Kyk Watching Ellie Seisoen 1 en 2 nou op Showmax.

12. The Lucky Man

Stan Lee, komiese legende, bring dié Britse bonatuurlike misdaadreeks na die kassie. Volg die avonture van speurder Harry Clayton – ʼn misdaadbestryder met ʼn spesiale mag: hy kan geluk beheer. Kyk die reeks nou op Showmax.

 

13. Animals, Seisoen 1

Dié tekenprent-komedie is spesiaal vir volwassenes en volg die avonture van diere in New York City. Animals is nou beskikbaar op Showmax.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.