Jy gaan dalk nie vanjaar alleen met vakansie nie. M-Net het pas bekendgemaak dat sommige van die reekse wat op sy kanaal uitgesaai word tydens die Desember-vakansie tydelik van die lug afgehaal gaan word.
M-Net se hoof van publisiteit, Lani Lombard, sê die tydelike onderbreking van sommige reekse hang saam met die produksieprosesse daarvan wat ook vir die duur van die vakansie onderbreek word. Meeste van dié programme word in die VSA vervaardig en dié produksies word jaarliks vir twee tot drie weke onderbreek vir die vakansietyd.
Hierdie programme gaan tydelik van die lug af wees.
Murder in the First (seisoen 2).
In sy plek: Chicago PD (seisoen 3) vanaf 10 November om 21:30
Hervat op 5 Januarie 2016 om 21:30.
Chicago Fire (seisoen 4).
In sy plek: Zoo (seisoen 1) vanaf 22 Desember om 20:30
Hervat op 22 Maart om 20:30.
NCIS: Los Angeles (seisoen 7).
In sy plek: Die musiekprogram Grammy Tribute to Frank Sinatra sal op 25 Desember om 20:30 op die kassie wees. Public Morals (seisoen 1) begin 1 Januarie om 20:30.
Hervat op 11 Maart 2016.
CSI: Cyber (seisoen 2).
In sy plek: American Crime (seisoen 2) vanaf 13 Januarie om 20:30
Hervat op 23 Maart 2016.
Chicago PD (seisoen 3).
In sy plek: Die laaste drie episodes van Murder in the First (seisoen 2) sal op 5,12 en 19 Januarie om 21:30 op die kassie wees.
Hervat op 26 Januarie om 21:30.
Modern Family (seisoen 7) eindig 25 November en Big Bang Theory (seisoen 9) eindig op 16 Desember.
In sy plek: The Muppets (seisoen 1). Vorige episodes van Modern Family sal op 2 en 9 Desember verskyn.
Hervat op 20 Januarie om 19:30
The Ellen Degeneres Show (seisoen 13)
In sy plek: Vorige episodes van die gewilde reeks sal op dieselfde tyd verskyn.
Hervat op 11 Januarie 2016.
Blindspot (seisoen 1) vanaf 23 Desember.
In sy plek: Moet nog aangekondig word. Die program sal vir minstens drie maande van die lug af wees.
Gotham (seisoen 2) vanaf 10 Desember.
In sy plek: Halt and Catch Fire (seisoen 1).
Hervat in Maart 2016.
Grey’s Anatomy (seisoen 12)
In sy plek: The Astronauts Wives Club (seisoen 1) vanaf 12 November 30 om 19:30
Hervat in Februarie 2016
The Fixer (seisoen 5)
In sy plek: My Story; Tim Noakes sal op 30 November om 20:30 op die kassie wees. Van 7 Desember is The Last Ship (seisoen 2) te sien.
Hervat in Februarie 2016
Chicago Med (seisoen 1) vanaf 22 Desember
In sy plek: Dit moet nog aangekondig word
Hervat in Januarie 2016
The Blacklist (seisoen 3) vanaf 19 November
In sy plek: Moet nog aangekondig word
Hervat in Januarie 2016
Limitless (seisoen 1) vanaf 26 November
In sy plek: Moet nog aangekondig word
Hervat: Moet nog aangekondig word
Blue Bloods (seisoen 6) vanaf 21 November
In sy plek: Moet nog aangekondig word
Hervat: Moet nog aangekondig word
Gelukkig niks wat ek kyk nie.
Raai wat. Ons gaan dieselfde goed (wou dit ieta anders noem) oor en oor moet kyk.