Dié programme gaan ook vakansie hou

Greys Anatomy is een van die reekse wat dié Desember tydelik van die lug af is. Foto: Verskaf

Greys Anatomy is een van die reekse wat dié Desember tydelik van die lug af is. Foto: Verskaf

Jy gaan dalk nie vanjaar alleen met vakansie nie. M-Net het pas bekendgemaak dat sommige van die reekse wat op sy kanaal uitgesaai word tydens die Desember-vakansie tydelik van die lug afgehaal gaan word.

M-Net se hoof van publisiteit, Lani Lombard, sê die tydelike onderbreking van sommige reekse hang saam met die produksieprosesse daarvan wat ook vir die duur van die vakansie onderbreek word. Meeste van dié programme word in die VSA vervaardig en dié produksies word jaarliks vir twee tot drie weke onderbreek vir die vakansietyd.

Hierdie programme gaan tydelik van die lug af wees.

 

Murder in the First (seisoen 2).

In sy plek: Chicago PD (seisoen 3) vanaf 10 November om 21:30

Hervat op 5 Januarie 2016 om 21:30.

 

Chicago Fire (seisoen 4).

In sy plek: Zoo (seisoen 1) vanaf 22 Desember om 20:30

Hervat op 22 Maart om 20:30.

 

NCIS: Los Angeles (seisoen 7).

In sy plek: Die musiekprogram Grammy Tribute to Frank Sinatra sal op 25 Desember om 20:30 op die kassie wees. Public Morals (seisoen 1) begin 1 Januarie om 20:30.

Hervat  op 11 Maart 2016.

 

CSI: Cyber (seisoen 2).

In sy plek: American Crime (seisoen 2) vanaf 13 Januarie om 20:30

Hervat op 23 Maart 2016.

 

Chicago PD (seisoen 3).

In sy plek: Die laaste drie episodes van Murder in the First (seisoen 2) sal op 5,12 en 19 Januarie om 21:30 op die kassie wees.

Hervat op 26 Januarie om 21:30.

 

Modern Family (seisoen 7) eindig 25 November en Big Bang Theory (seisoen 9) eindig op 16 Desember.

In sy plek: The Muppets (seisoen 1). Vorige episodes van Modern Family sal op 2 en 9 Desember verskyn.

Hervat op 20 Januarie om 19:30

 

The Ellen Degeneres Show (seisoen 13)

In sy plek: Vorige episodes van die gewilde reeks sal op dieselfde tyd verskyn.

Hervat op 11 Januarie 2016.

 

Blindspot (seisoen 1) vanaf 23 Desember.

In sy plek: Moet nog aangekondig word. Die program sal vir minstens drie maande van die lug af wees.

 

Gotham (seisoen 2) vanaf 10 Desember.

In sy plek: Halt and Catch Fire (seisoen 1).

Hervat in Maart 2016.

 

Grey’s Anatomy (seisoen 12)

In sy plek: The Astronauts Wives Club (seisoen 1) vanaf 12 November 30 om 19:30

Hervat in Februarie 2016

 

The Fixer (seisoen 5)

In sy plek: My Story; Tim Noakes sal op 30 November om 20:30 op  die kassie wees. Van 7 Desember is The Last Ship (seisoen 2) te sien.

Hervat in Februarie 2016

 

Chicago Med (seisoen 1) vanaf 22 Desember

In sy plek: Dit moet nog aangekondig word

Hervat in Januarie 2016

 

The Blacklist (seisoen 3) vanaf 19 November

In sy plek: Moet nog aangekondig word

Hervat in Januarie 2016

 

Limitless (seisoen 1) vanaf 26 November

In sy plek: Moet nog aangekondig word

Hervat: Moet nog aangekondig word

 

Blue Bloods (seisoen 6) vanaf 21 November

In sy plek: Moet nog aangekondig word

Hervat: Moet nog aangekondig word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Geraldine ·

Raai wat. Ons gaan dieselfde goed (wou dit ieta anders noem) oor en oor moet kyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.