Die Radio Raps Show nou op Showmax

Jonathan van die Oos-Rand neem reeds vir jare die internet op horings met sy maltrap web-reeks Radio Raps, maar nou staan hy ook gereed om die komedie-koning van die kassie te word.

Die nuwe realiteitsreeks Die Radio Raps Show is van 19 Januarie af elke Vrydag op Showmax te sien, en die nuutste episodes sal op Saterdae beskikbaar wees.

Jonathan, die verhoognaam van Rikus de Beer, sal op die program onderhoude met bekendes voer en na minder-bekende bestemmings reis, hy sal kook-demonstrasies lewer, komplekse konsepte vir ons leke uitlê en met kinders gesels oor ’n verskeidenheid onderwerpe.

Sy unieke sin vir humor speel die hoofrol in die reeks, wat propvol van die essensie van die oorspronklike Radio Raps is. Die eerste twee episodes is reeds op Showmax te sien, so maak ’n afspraak met jouself vir ’n rapsie lekker-lag so net voor die naweek.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.