Die tiende seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ is hier!

Vrou-soek is nie mielies plant, beeste boer of perde koop nie – en dis dié groot uitdaging wat maak dat mense nie genoeg kan kry van die trefferreeks Boer soek ’n vrou nie.

Die tiende seisoen is hier, en Minki van der Westhuizen is terug om 10 boere te help om ook in die liefde vooruit te boer. Eers word daar teruggekyk op hoogtepunte van die afgelope nege seisoene, en Minki besoek weer van die boere uit vorige seisoene om te hoor hoe dit met hulle gaan.

Daar is hierdie seisoen natuurlik weer 10 nuwe boere wat op soek is na ware liefde, en oudergewoonte kry hulle liefdesbriewe, gaan op blitsafsprake en kuier in die bondel om uiteindelik drie vroue te kies wat saam met hom die pad vat plaas toe.

Op die plaas moet die vroue probeer aanpas by die lewe van ’n boervrou en besluit of hulle kans sien vir alles wat daarmee saamgaan, terwyl die boer stadig maar seker ’n keuse moet maak en ’n vrou kies wat perdalks net die kroon op sy boerdery sal span.

Nuwe episodes van Boer soek ’n vrou is vanaf 13 Oktober, binne 24 uur van die kykNET uitsending in Suid-Afrika op Showmax te sien vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland.

Al hierdie vermaak is op jou gunstelingtoestel beskikbaar met Showmax, so teken in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.