Dink twee keer voordat jy in Boland moor

Die Boland Moorde (Foto: Verskaf)

Die Boland Moorde (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Een van die gewildste misdaad-drama reekse nóg op Suid Afrikaanse televisie is terug! Staan op aandag vir Die Bolande Moorde Seisoen 2. Binge solank die eerste reeks op ShowMax om gereed te maak vir al die aksie en spanning van die tweede seisoen.

Die tweede seisoen van Die Boland Moorde begin op 14 Februarie op kykNET, DStv kanaal 144. As jy ʼn aanhanger van dié reeks is, maak gereed vir al die aksie en spanning deur sommer nou al die volledige eerste seisoen op ShowMax te kyk.

Buitelanders hoef egter nie die opwinding mis te loop wanneer die reeks eersdaags terug is op die kassie nie. Die Bolande Moorde Seisoen 2 is vanaf 15 Februarie op ShowMax Diaspora beskikbaar. Nuwe episodes word elke Woensdag gelaai.

In die eerste episode krap luitenante André Fourie en Shane Williams kop. Dit is by verre een van die vreemdste moordsake nóg. Lede van die Macbeth-teatergeselskap sterf links en regs – en dit boonop op die vreemdste maniere. Het hulle hier te make met iets groter as die mens self? Of is dit bloot ʼn rat wat ʼn ervare misdadiger hulle voor die oë draai?

Dít is maar enkele van die vrae waarmee die karakters in Die Boland Moorde wroeg, wanneer hulle in die eerste episode van die tweede reeks ʼn raaiselagtige Macbeth-moord moet oplos.

In die tweede seisoen van Die Boland Moorde vat luitenante Fourie en Williams soos bloedhonde weer die spoor van almal wat moor – of dit nou ʼn gesoute reeksmoordenaar of ʼn passiemoord is.

Hulle werk natuurlik nie alleen nie. Daar is ʼn gedugte span wat hulle bystaan. Kolonel Khumalo staan nou aan die hoof van die span en Elise is die nuwe kantoorbestuurder, wat vir André teen die mure uitdryf. Japie is steeds die slimkop IT-spesialis en Busi het oorgeneem as forensiese spesialis. Ná Dok Le Roux se aftrede het ʼn nuwe patoloog by die span aangesluit: Dokter Rachelle de Jager is, volgens Shane, “heeltemal te vrolik vir iemand wat met lyke werk” – maar sy laat André se hart warm klop.

Daar is egter min tyd vir muisneste, want die lyke begin sommer in die eerste episode al ophoop: wanneer dit nie die lede van ʼn toneelgeselskap is wat op vreemde maniere sterf nie, is dit die donker wêreld van internet-radiostasies, kunsuitstallings en dwelms op kampus. Uiteindelik moet André in die laaste episode twee van sy grootste vrese hanteer: vroue en kersligetes.

Die rolverdeling sluit die talente van Stian Bam en Brendon Daniels as die luitenante in, Marlo Minnaar wat terugkeer as Japie en Tinarie van Wyk Loots, Ebby Weyime en Nicole Holm, wat almal nuwe karakters speel.

Elke episode is 90 minute lank en geskoei op die tradisionele formaat van Britse whodunnits soos Lewis, Midsomer Murders en Vera.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis 14 dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

MM, skuus maar is ek nou onosel, wat beteken die word “Binge” in die eerste paragraaf ? “Binge solank die eerste reeks op Show Max…….. “

Janie Monsieur ·

Dagsê Johan,

Dankie vir jou kommentaar. “Binge” beteken sommer maar net om verskeie episodes van dieselfde reeks agtereenvolgend te kyk.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.