‘Dis ek, Anna’ maak skoonskip by Saftas

 Foto: Skermskoot uit video

Foto: Skermskoot uit video

Die Afrikaanse fliek, Dis ek, Anna, het die afgelope naweek skoonskip gemaak by die jaarlikse Safta-toekennings (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) ná hulle met ses toekennings huis toe is.

Die Saftas, wat sedert 1996 die bestes in die Suid-Afrikaanse televisie- en rolprentbedryf vereer, is tussen 18 en 20 Maart by Gallagher Estate in Johannesburg uitgeloof.

Dis ek, Anna, wat vir agt toekennings benoem is, kombineer Anchien Troskie (Elbie Lötter) se boeke Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer, en sluit akteurs soos Marius Weyers, Nicola Hanekom, Elize Cawood en Charlene Brouwer in.

Die fliek het ook by die kykNET Silwerskermfees weggestap met die toekennings vir beste rolprent, beste regisseur (Sara Blecher) asook beste akteur (Morné Visser) en het groot lof van plaaslike resensente ingeoes.

Hiermee ‘n opsomming van die toekennings wat die aand uitgeloof is:

Beste TV-drama
Umlilo

Beste TV-komedie
ZANews: Puppet Nasie

Beste TV-sepie
Rhythm City

Beste prestasie deur ‘n aktrise – TV-drama
Nthati Mosjesj – Saints and Sinners

Beste prestasie deur ’n mansakteur – TV-drama
Siyabonga Radebe – Saints and Sinners

Beste vrouebyspeler – TV-drama
Charmaine Mtinta – Matatiele

Beste mansbyspeler – TV-drama
Deon Lotz – When We Were Black

Beste regie – TV-drama
Roli Sizwe Nikiwe en Zuko Nodada – Matatiele

Beste aktrise – TV-sepie
Leeanda Reddy – Isidingo

Beste akteur – TV-sepie
Vusi Kunene – Isibaya

Beste vrouebyspeler – TV-sepie
Maggie Benedictus – Ashes to Ashes

Beste mansbyspeler – TV-sepie
Samson Khumalo – Isibaya

Beste regie – TV-sepie
Eric Mogale, Heather Cooke en Siyabonga Mkhize – Rhythm City

Mees gewilde TV-sepie (soos bepaal deur publieke stemme)
Skeem Saam

Beste aktrise – TV-komedie
Robyn Scott – Those Who Can’t

Beste akteur – TV-komedie
Mandla Gaduka – Gauteng Maboneng

Beste vrouebyspeler – TV komedie
Linda Sebezo – Gauteng Maboneng

Beste mansbyspeler – TV-komedie
Bongani Madondo – Kota life crisis

Beste regie – TV komedie
The Directing Team – Ga Re Dumele, seisoen 4

Beste TV-aanbieder
Katlego Maboe – Expresso

Beste fliek
Dis Ek, Anna

Algemene beste prestasie-aktrise
Fulu Mughovani – Ayanda

Algemene beste vrouebyspeler
Tina JAXA – While You Weren’t Looking

Algemene beste akteur
Mduduzi Mabaso – For Love and Broken Bones

Algemene beste mansbyspeler
Marius Weyers – Dis Ek, Anna

Algemene beste regie
Sara Blecher – Dis Ek, Anna

Beste studentefliek
Jabu

Beste draaiboek
Dis ek, Anna

Beste grimering en hare
Dis ek, Anna

Beste produksie-ontwerp
Dis ek, Anna

Lewensbydrae-toekenning
Nomhle Nkonyeni

Kyk na die volledige lys van Safta-toekennings 2016
Hiermee die lokprent vir Dis ek, Anna.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.