Dís hoekom boer Johan en Marilyn se paadjies skei

Honderde aanhangers van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou was Donderdagaand geskok toe boer Johan en Marilyn in die jongste episode van dié reeks aangekondig het dat hul paadjies geskei het.

Johan en Marilyn het in die 16e episode van die reeks onversoenbare verskille as die hoofrede voorgehou waarom hulle nié ʼn verhouding gaan najaag nie – dít nadat hulle tydens die vorige episode nog behoorlik gekoer het.

Marilyn het Donderdagaand in ʼn persoonlike onderhoud gesê die laaste strooi was toe Johan laat was vir ʼn afspraak saam met haar ouers en nié daarvoor om verskoning gevra het nie. Sy het gesê dit was een van vele voorbeelde wat haar laat besef het dat hy nié bereid sal wees om kompromieë aan te gaan nie.

“In die week was daar klein dingetjies wat gebeur het wat my bietjie teleurgestel het. Met die gesinsbraai [tydens ʼn vorige episode] het my ma voorgestel dat ons moet gaan vir ontbyt. Sy het gesê [ons moet] 09:00 by die restaurant by Hartbeespoortdam ontmoet wat so halfuur tot 45 minute van hier [van Johan af] is.

“Johan het gesê hy sal my 09:00 kom optel. Ná 09:00 toe stuur hy vir my ʼn boodskap dat hy 09:30 hier sal wees. 09:30 het gekom en gegaan en Johan was nog nie hier nie. 10:00 stap hy hier in. [Teen die tyd] moes ons al my familie by die restaurant ontmoet het. Hy stap hier in, en daar is geen verskoning nie. Hy stap net in en sê: ‘Ek voel so goed’ en ‘ek het vanoggend gemediteer.’”

Sy sê dit het haar gekwel dat hy nie ander mense in ag geneem het nie, en dat so iets waarskynlik ook weer in ʼn verhouding sou opduik. “Dit gaan meer oor hom as ander mense, en dit het my regtig seergemaak. Ek het besef dat dit in ʼn verhouding belangrik is [dat dit nie net oor een party gaan nie]. Ek voel hierdie was die begin van ʼn verhouding, dis iets waaraan ʼn mens moet werk en die kommunikasie is baie belangrik. Tog was die kommunikasie nie daar nie. Toe ek goed genoem het wat my ontstel het, was dit asof hy nie regtig daaroor wou gesels nie. Of hy sou gesê het: ‘Ons het klaar daaroor gepraat’ en dan was dit die einde van die gesprek,” het sy gesê.

marilyn en johanJohan, wat saam met die ander paartjies alleen gaan vakansie hou het in Mosambiek, het gesê dis “glad nie moeilik” om alleen met vakansie te wees nie. Hy het gesê hy sal eerder alleen met vakansie wees as “saam met ʼn verkeerde persoon met verkeerde motiewe”.

“Daardie dag toe ek saam met haar ouers gaan ontbyt eet het, het ek besef – en ek het dit vir haar ook gesê – hierdie [met verwysing na ʼn kettinkie om sy nek] is nie ʼn halsband met ʼn plekkie vir ʼn leiband nie. As sy ʼn skoothondjie soek, kan ek een van my Boston-terriër-hond se vyf kleintjies aan haar afstaan, maar ek is nie ʼn skoothond nie.”

“Toe sê sy ek is nie wat sy gedink het ek is nie. Toe sê ek sy het my profiel gehad en ek het vir haar geskryf presies wie ek is. Ek het gesê ek is selfversekerd en vasberade en liefdevol. Ek gee eerder as wat ek ontvang, ek is selfstandig en onafhanklik en dis ek,” het hy gesê.

Johan sê hoewel hy smoorverlief was op Marilyn, het hul verhouding nie ná dié stadium van verliefdheid oorleef nie. “Marilyn sal nooit in haar lewe kan sê ek het haar nie waardig en menswaardig behandel nie. Soveel so dat toe ek by haar huis aangekom het die een aand, het sy gesê: ‘Johan, you are so gentle. It’s so nice to have someone like you in my life. Dís wie ek is.

“Ek het op die plaas rondgeloop soos ʼn kat wat tien bakke room gekry het. Ek was verlief tot oor my ore. Maar verliefdheid is net die begin. As jy in daardie fase bly, is jy soos ʼn voël wat in ʼn kou toegesluit word: Jy sal nooit groei nie en nooit verder gaan nie. Maar wanneer die hok oop is, vloei die ware liefde daarvandaan uit en dan is jy soos ʼn arend wat vlerke sprei.”

boer soek 'n vrou johanKykers het báie te sê gehad op dié reeks se amptelike Facebook-blad. “As Johan so mal was oor Marilyn soos wat hy gesê het hy is, sou hy nie op hom laat wag het om haar weer te sien nie. Daar is baie ander dae om te mediteer,” skryf Charlotte Jooste.

“As jy laat is, dan sê jy jammer, Johan,” het Ilse Thompson laat hoor. “Hoe kan ʼn mens ʼn lewensbelangrike flater begaan deur ʼn afspraak van 09:00 met die toekomstige ‘droomvrou’ van jou lewe nie na te kom nie en ʼn uur later op te daag sonder enige verskoning asof daar niks gebeur het nie?” wou Olivier Kritzinger weet.

Die slotepisode van die reeks word volgende Donderdag om 20:00 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Isa ·

Ek is siek en sat vir hierdie boer soek ‘n vrou program, wens regtig hulle wil dit verwyder vanaf TV. Weet mense gaan se moenie dit kyk nie wat ek wel doen, maar elke tweede advertensie op TV is “Boer soek ‘n Vrou”

FED-UP

Daan Erasmus ·

Isa. Haai nooit. Daar is baie gemors op TV. En ek KYK DIT NIE. Soos Kerkorrel gesing het. Sit dit af. Moet nie kyk nie. Kyk iets anders.
Dit is regtig nie moeilik nie. Moet nie kyk nie. Dan hoef jy nie te kla nie.

Rieks ·

Isa, stem met jou saam. Daar is ‘n hele paar “common” programme op Afrikaanse TV en hierdie is een van hulle. Skelmpie nog een, maar ek kyk regtig nie een van hulle nie. Weet van dit net oor die dat dit geadverteer word. Maar dan het elke kyker seker maar sy/haar standaard en smaak.

Rob ·

Isa en Rieks,hoekom kyk jy die show dan ? Of meskien is julle bored

anton ·

Nee Marilyn…….hardloop dat die stof staan!!!
Moenie trane hê of hartseer wees oor hom nie.
Wees dankbaar dat jy nou gesien wie en wat hy is. Dit spaar jou baie baie hartseer in die toekoms.

semaarnet ·

Ons almal het geweet Johan is nie die regte kandidaat vir Boer soek ‘n Vrou nie. KykNet soek net kykergetalle. As dit ‘n internasionale program was, was hy al lankal uit die program geskop!

Anette ·

So hulle gaan uit mekaar want sy kry nie haar sin nie?

Mooi Johan jy het `n bullet gekoes!

Daan Erasmus ·

Annette. Jy kan net Johan se suster of sy ma wees. Geen ander logiese verklaring vir jou lofsange vir Johan nie.

Susan ·

Daan Erasmus, of sy is self agter hom aan en hou haar opsies oop ha ha

Hennie Venter ·

Hy het absoluut geen maniere nie en is vrek arrogant! Ekt van die begin af geweet dit gaan nie lank hou nie. Hys ñ ou man en sy jonk en pragtig…dank jou sterre Marilyn. Johan pik by!

teleurgesteld ·

Kom nou KykNet, vertel ons hoeveel kykers het elke week aanhou kyk na hierdie fiasko met Boer Johan.

Theresa B ·

Gelukkig het jou oë oop gegaan Marilyn. Nee wat die knap moet maar alleen oud word. Sy lewe draai net om himself.

Elize ·

Stem saam met jou…. kan nie wag vir Donderdagaande nie…. geniet die program !

hein ·

johan is ook so n sagte mens..wat oor alles huil…genade jys as man geskape en ek weet almal het emosies,maar johan sn is belaglik…marilyn,jys beter af,en ek stem 100% saam…n afspraak is n afspraak en het n goeie rede nodig hoekom jy dit nie sal kan maak op tyd nie.

Anoniem ·

Dankie tog so is baie dames se oogies nou oop gemaak en sal hy sowaar alleen moet oud word… dis al wat hy verdien. Geen vrou verdien so ‘n onaangename man in haar lewe nie… dankie tog sys ontslae van hom, sy verdien beter….

Leonie ·

Ongelukkig as daar meer as een klagte is oor die selfde persoon oor en oor dan moet daar tog iewers waarheid in die storie wees ! ” Me, myself and I ” dis Johan ! Goed vir jou Marilyn !

ekke ·

Ek dink hulle sit aspris sulke boere soos Johan in om die kykers te lok. Dis sensasie en dit verkoop soos soetkoek. En nou gaan dit seker in Rapport en Huisgenoot ook wees. Maar nietemin, ek geniet die program.

honourable member ·

Die poppie het glad nie by hom gepas nie. Ouderdomsverskil te groot.

Izette ·

Ek mag verkeert wees, maar dit lyk vir my met reeks 10 dat bitter min van die boere maats gekry het.

Linda ·

Zette, dis bitter moeilik vir n enkel persoon om in vandag se lewe die regte tipe maat te kry. Ek is al 17 jaar geskei en ek vind dat mans n vrou net bed toe wil sleep en waai !

Mariaan ·

Dis uiters onbedagsaam van hom om ander mense te laat wag. Dit het niks met ń halsband om die nek te doen nie.
Moes die gaste nou maar voortgaan en hulle ontbyt bestel en teen die tyd dat hy sy opwagting maak is almal klaar geeët? Of moes hulle vir hom sit en wag en dalk weer laat wees vir hulle volgende afspraak? Kan net dink watse geween dit sou afgee omdat mense hom so behandel.

Anoniem ·

Ek srem saam dat Marilyn haarself baie trane gespaar het, n man kan homself heeltemal anders voordoen maar gee dit net n rukkie kans dan kom die ware kleure uit , hy se in die begin hy voel soos n tiener so verlief is hy, maar op die vakansie is hy nou ewe skielik te oud vir die jong boere want hulle wil nog kuier! Ek dink ook glad nie dat hy so seker is van watter tipe man hy is nie, hy wil net sy weg he

Denise ·

Ai tog die man se EGGO is TE GROOT dit is net Johan so hartseer cry me a river!!!!!

Hanli ·

Ag siestog. Hy het seker gedink hy is nou VIP en dat die gaste ‘n hele dag opsy gesit het spesiaal net vir hom en glad nie sou omgee om met hongerpyne te sit terwyl hulle vir hom wag nie.
Iemand, help tog die man reg op ‘n mooi manier sodat hy nou nie weer in trane uitbars nie. Dis nie mooi so onbedagsaam te wees en mense te laat wag nie.

Edwina ·

Hy het duidelik gewys dat die aarde om hom MOET draai en hy respekteer net een mens en dis hy. Hy het geen respek vir ander se gevoelens nie.

Alta ·

Het 1 of twee keer gekyk. ‘n Saak het 3 kante. Dink egter nie dit is reg dat mense mekaar so beswadder. Hul pas nie end of story.

Frans C ·

Johan is so vol van homself, daar is nie plek vir iemand anders is nie.

Miss Mischief ·

Ek is seker Boer soek n Vrou het spesiaal n boer soos Johan gaan soek wat n opskudding sou veroorsaak, anders kan die program maar verveeld raak. Ek het geweet hierdie verhouding gaan nie uitwerk nie….

Antjiepatat ·

Ek het nogal ‘n sagte plekkie vir Johan, Hyt potensiaal, ek dink ek sou hom graag ‘n kansie wou gee as ek nie self ‘n Johan in my lewe gehad het nie. Manne is almal van Mars, en kort net ‘n goeie vasvat van ‘n vrou met hare op haar tande, opregte boervrou, dalk daai boervrou tannie wat in die begin ingeskryf het, hulle is size. Jammer die vervaardigers kan nie eerder die vroue kies nie. Mans kies visueel, groot fout!

Wilma B ·

Marilyn, gooi v jouself n glas vonkelwyn, jy’s van hom ontslae. Hy soek n trofee aan sy sy, nie n verfynde vrou nie.

Carin Joubert ·

Onsin. Dit is g’n liefde nie dan sou hy haar behoeftes ook in ag geneem het. As mens selfrespek het sal jy ander mense se tyd ook in ag neem.

LR ·

Op n stadium verkondig hy dat sy hart groter is as sy borskas. Nou het vir die hele land dat EGO nog groter is. Het deur die hele reeks my bedengkinge oor hierdie man gehad, my gut het vir my gesê hy is nie wat hy hom voordoen nie, so bly die meisie het deur hom gesien.

Chantal ·

Ek lag so lekker. Ek geniet elke liewe seisoen van hierdie program. Dis nooit vervelig nie…een keer ‘n week is my probleme bietjie kleiner en dit is nie eers die soort waarvoor ek vrywillig ingeskryf het nie! Ek love hierdie show!

Marinda ·

Really not surprised that this relationship didn’t last.

hannes ·

Ha Ha.lekker johan.jyt jou man gestaan.eks trots op jou.jy is nie n skoothondtjie wat heeldag opgepas hoef te word nie..kry vir jou n lekker jong vrou wa jy die kitaar slaan

Elke ·

Die Aand met die ete by haar ma se huis .kon ek al sien hy voel ongemaklik en ja nee kon dink hy gaan laaaat wees die volgende oggend .moet rede soek om die trek pas te kry

het geweet ·

Dit is hoekom kyknet sulke programme maak kyk die reaksie. Ek geniet meer die komentare

Kaster ·

Ek is weer mal oor Johan. Ek an sommer sien hy sou n baie goeie vriend gemaak het as ons paaie sou gekruis het.

Renier Lubbe ·

Van Boer weet ek niks. Ek weet wel dat geen besigheid kan slaag as tyd en afsprake nie belangrik is nie.

As ander se tyd en afsprake in jou lewe nie vir jou belangrik is nie, is eenkant en alleen maar jou toekoms.

Die man sal moet besef dat die lewe nie om hom draai nie, hy draai om die lewe en dit is sy eie skuld dat hy aan die buitekant draai.

Joe ·

Nee wat, niks verkeerd met Johan. Dit is soos hy sê, hy is selfstandig en onafhanklik. Te veel mans/vroue soek daai halsbandjie en skoothond. Hou verby.

Showahed ·

Mense… Kyknet is amper die enigste DSTv kanaal oor wat ek kyk… selfs my Engelse vrou kyk dit ook nou al. So niks verkeerd met Kyknet en die Boer Soek ‘n Vrou program nie. Ons moet ook verstaan dat ons keuses nie noodwendig gaan uitwerk vir die paartjies nie, so die kykers is amper meer teleurgestel as die hoopvolles wat ingeskryf het.

Ek het so ook vas geglo dat Johan en Marilyn se verhouding gaan uitwerk, maar Johan is op daardie ouderdom waar hy te veel net aan homself dink want hy weet wat hy soek in die lewe. Jammer Johan… jy sal moet gaan sit en hard dink oor jouself en hoe jy so oulike vrou deur jou vingers laat glip het. En Marilyn, so pragtig as wat sy is, gaan ook nie haar laat rondskuif nie. Sy is wereldwys en ook ‘n sterk persoonlikheid. Miskien moes sy ou Johan nog ‘n kans gegee het. Nothing gained nothing lost.

FM ·

Ag mense die verhouding het nie uitgewerk nie net soos wat daar al baaaaie verhoudings en huwelike was wat nie gerealiseer het nie. Daar is baie manlike en vroulike visse in die see. Miskien kry elke pot nog sy of haar deksel. Al wat ek wil sê is dat Marilyn n mooi en sexy vrou is. Sy het persoonlikheid. Marilyn en Johan : hou net aan soek, die regte een sal opdaag. Sterkte.

Ellisras ·

Aan die vervaardigers van Boer soek ‘n vrou. Julle het ‘n wenner beet. KYK hoeveel kommentaar is HIer. Dit is is die bewys dat julle ‘n gehoor het.

Gerhardi ·

Johan my ou maat, stiptelikheid is bloot goeie maniere en dit behoort deel van elke ware man se set up wees. Sorry pêl maar jy het jou self so lief dat jy die punt heeltemal mis.

Fran ·

Waar is die sogenaamde profesie wat hy agter die muurbehangsel gesit het? Ek vra maar net
Sterretjie

Emma ·

As mens ń nuwe girl se ouers wil beïndruk KOM JY NIE Ń UUR LAAT NIE!!!!

Oujongvrou ·

Renier lubbe, jy klink na n man so reg na vrouens se hart. Is jy beskikbaar???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.