‘Dis koue kos, skat’ – nou op Showmax

Dis koue kos, skat is ’n romantiese komedie met ’n yslike, warm hart. Showmax se internasionale intekenare kan agteroorsit om aan dié heerlike fliek te smul.

Die fliek is gebaseer op die topverkoper roman deur Marita van der Vyver, en Anna-Mart van der Merwe speel die rol van Clara Brand, ’n vrou wat deur haar middeljarige man (Deon Lotz) ingeruil word vir ’n jong bokkie (Angelique Gerber).

In die nadraai van die egskeiding, begin Clara haar passie vir kookkuns uitleef en uiteindelik ontmoet sy vir Ari (Frank Opperman) ’n man wat met net soveel oorgawe as sy kook – en dan begin die vonke spat!

Regisseur Etienne Fourie (Die windpomp, Liewe Kersfeesvader) het saam met Marita van der Vyver die boek tot draaiboek verwerk, en onder sy regisseurshand lewer die spelers fantastiese vertolkings. Elzabé Zietsman steel die kollig as Clara se beste vriendin Minette, en Riaan Visman en Bouwer Bosch sorg ook vir komiese momente. Dis koue kos, skat  is ’n wêreldklas fliek, vergelykbaar met treffers soos Love, Actually en Notting Hill wat jou weer sal laat glo in die liefde – en lus maak vir smaaklike kos!

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie fliek is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.