Dokumentêr beskou boerekrygsgevanges van Sint Helena

‘n Skermskoot uit die dokumentêr oor Sint Helena. (Foto: Wêreldwyd/Dapper Media.)

Dapper Media het vroeër die maand ’n nuwe dokumentêr oor die boerekrygsgevangenes van Sint Helena bekendgestel.

Hierdie dokumentêr is ’n 20 minute lange avontuur saam met die bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Adam Tas, AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, en Meyer le Roux, mede-eienaar van die Buffelsfontein-groep. Dit handel oor die geskiedenis van die mooi eiland, Sint Helena, en die rol wat dit in die Anglo-Boereoorlog gespeel het.

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog, wat van 1899 tot 1902 geduur het, het die Engelse sowat 27 000 krygsgevangenes geneem. Baie van hierdie gevangenes is in kampe in Sint Helena aangehou. (Foto: Wêreldwyd/Dapper Media.)

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog, wat van 1899 tot 1902 geduur het, het die Engelse sowat 27 000 krygsgevangenes geneem. Baie van hierdie gevangenes is in kampe in Suid-Afrika aangehou, maar daar was egter ook kampe in plekke soos Bermuda, Ceylon, die hedendaagse Sri Lanka, en dan ook Sint Helena.

Die Transvaal en Vrystaat het geen bestaande weermag gehad soos Brittanje nie en dit het veroorsaak dat burgerlikes opgeroep is om die grondgebied te verdedig. Hierdie burgerlikes was enige man wat kon veg. Daar was selfs soldate so jonk soos agt jaar en so oud soos 80 jaar wat gevange geneem en weggevoer is na hierdie kampe.

Sint Helena was dié perfekte tronk-eiland aangesien dit baie afgeleë was wat ontsnapping bykans onmoontlik gemaak het.

Hierdie dokumentêr bied ’n bietjie insig oor die omstandighede en die krygsgevangenes wat hul lewe vir hul land gegee het.

Dit is beslis ’n stukkie geskiedenis wat jy nie wil misloop nie en wat jou oë sal oopmaak en jou hart trots maak op ons land en ons mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Toergids ·

Net ‘n korreksie, in die artikel word die stelling gemaak dat die Vrystaat en ZAR nie weermagte gehad het nie, beide die Vrystaat en die ZAR het wel ‘n staande mag komponent gehad, die Vrystaat het die Artillerie Korps gehad en die ZAR die Staats Artillerie. Hulle het meer gespesialiseerde militêre funksies verrig soos die bemanning van die forte, hantering van artillerie (bv. die Long Tom kanonne) asook sein en medies. Gewone burgers van die twee republieke kon en was ook opgekommandeer vir militêre diens, as burger mag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.