Dokumentêr: Hoe Trump Amerika gewen het

Dis ongetwyfeld: die 2016 presidensiële verkiesing in Amerika was een van die belangrikste en aangrypendste gebeure in die geskiedenis van dié land. Die dokumentêre reeks, The Circus: Inside the Greatest Political Show on Earth is van Januarie tot November 2016 regstreeks in die Verenigde State uitgesaai met sleuteloomblikke wat oor 26 episodes uitgelig is voor die verkiesing.

Die reeks is genomineer vir verskeie toekennings, insluitend Critics Choice vir beste beperkte dokumentêre reeks. Seisoen 1 is nou op Showmax beskikbaar en seisoen 2 word binnekort vrygestel.

Die reeks wil die sluier lig oor die gebeure voor die presidensiële verkiesing, en aan die lig bring wat agter die skerms gebeur het op die kandidate se individuele veldtogte, met insig oor stappe wat Hillary Clinton, Bernie Sanders, Ted Cruz en Donald Trump gedoen het toe hulle oor Amerika heen gereis het om kiesers te oortuig om vir hulle te stem.

Die reeks kyk na sleuteloomblikke in die verkiesing, van die spanningsvolle Iowa-koukus tot die gebeure in New Hampshire; van die skandaal oor Trump se mediese verslae toe Clinton glo longontsteking gehad het en die omstredenheid rondom ʼn klankopname; van die kandidate se voorbereiding vir die debat tot die woordewisseling daarna; van Clinton se veldtog wat ʼn hupstoot gekry het tot die oomblik toe dit aan die lig gekom het dat Trump die verkiesing gaan wen. Dit is die hart, die energie, die dapperheid, triomf en neerlaag …

Jy kan alles herleef uit ʼn objektiewe oogpunt – hier is geen vals nuus nie!

Seisoen 2 kyk na Trump se eerste 100 dae in die kantoor en is binnekort op Showmax te sien. Seisoen 3 is in April 2018 in Amerika te sien.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.