Dokumentêre reekse wat jy dié vakansie moet kyk

Showmax bied talle dokumentêre reekse waar jy deur interessante beeldmateriaal sommer gou slimmer sal wees!

The Hunt (BBC)
Dis roofdier vs prooi in dié aanskoulike nuwe natuurreeks, met Sir David Attenborough as die verteller. Sien die stryd van naderby tussen die natuur se beste jagters en slimste prooi. Kyk nou op Showmax.


The Hunt – Making Of (BBC)
The Hunt het ongelooflike natuurtonele, maar hoe is dit verfilm? Kom kyk agter die kameras… Kyk nou op Showmax

Attenborough & Giant Dinosaur (BBC)
Volg Sir David Attenborough na waar die beendere van die grootste dier ooit ontdek word. Dié dokumentêr plaas jou in die spore van ongelooflike dinosourusse. Kyk nou op Showmax

Manny
Manny Pacquiao, agt keer wêreldkampioen, is een van die bokswêreld se legendes. Maak kennis met die man en die genie agter die kampioen in dié dokumentêre fliek. Kyk nou op Showmax

The Truth About E81-88
Die sportwêreld is propvol mites en samesweringsteorieë. Maar wat daarvan is feit en wat is fiksie? Inverleigh stel ondersoek in oor ʼn reeks stories wat ʼn nuwe perspektief bied oor jou gunstelingsportsoorte. Kyk nou op Showmax

Blue Chip Wildlife Collection
Beleef die mooiste van die natuur. In Shoreline word daar gekyk na die erfenis van die Suid-Afrikaanse kuslyn; in Planet Ocean kan jy na verstommende beeldmateriaal kyk van die hartjie van die deel van ons blou planeet waarvan ons die minste weet; dis roofdier vs prooi in die aanskoulike nuwe natuurreeks, The Hunt; Blackfish is ʼn ontstellende dokumentêr wat poog om te verduidelik waatom Tilikum, die grootste moordwalvis wat in aanhouding is, sy afrigter doodgemaak het; en sien die veranderende wildernis van die Noordpool en Antarktika in Frozen Planet. Kyk nou op Showmax.

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.