Dokumentêre rolprent oor Alison Botha nou op Showmax

Alison (Foto verskaf)

Die storie van Alison Botha, die vrou wat ’n wrede aanval oorleef en haar eie heldin geword het, gryp steeds die verbeelding van Suid-Afrikaners aan. Alison is in 1994 deur twee mans verkrag en meer as 30 keer met ’n mes in die maag gesteek. Haar keel is ook met die mes gesny, maar sy het wonderbaarlik oorleef en uit haar donkerste oomblik is ’n storie van hoop gebore.

Filmmaker Uga Carlini het Alison se storie in ’n rolprent verwerk, waarin kykers die gebeure en die nagevolge meemaak deur middel van onderhoude en dramatisering.

Maar die rolprent Alison maak ’n spesiale sprong van die verbeelding: dit transformeer ’n skokkende ware storie tot ’n kontemporêre sprokie.

Omdat Alison se moed en krag vir Carlini so inspirerend was, het sy besluit om die storie op so ’n manier te vertel dat dit vir mense hoop gee en hulle tot aksie aanspoor. Ja, dit is ’n storie van monsters, maar dis ook vol wonderwerke.

Dit is die eerste keer dat Alison kameras in haar huis toelaat om haar storie te dokumenteer.

Die draaiboek is gegrond op Alison se topverkoper-boek I Have Life en Alison praat self in die rolprent oor haar ervaring. Die rol van die jong Alison word vertolk deur Christia Visser, terwyl De Klerk Oelofse en Zak Hendrikz die rolle van haar aanvallers aanneem.

In 2017 is Alison vir vyf Safta-toekennings benoem, en die rolprent het ook pryse by verskeie ander feeste gewen. Alison het die ronde gedoen by plaaslike en internasionale filmfeeste, en is onder andere die eerste Suid-Afrikaanse fliek om vir die Dances with Films-fliekfees gekies te word. Dis ook op die Hollywood Strip vertoon, en nou kan jy dit in die gemak van jou eie leefkamer geniet op Showmax.

As Showmax-intekenaar kan jy Alison nou kyk, waar en wanneer jy wil met die snesies en trooskos byderhand. In ’n land waar soveel vroue die aaklige waarheid van gender-gebaseerde geweld ken, is hierdie fliek ʼn inspirasie en daag dit kykers uit om, soos Alison, te bly veg vir die lewe, en om aan te hou glo in ’n gelukkige einde, ten spyte van die grusame werklikheid.

Indien jy nog nie ’n Showmax-intekenaar is nie, probeer die gratis proeflopie nou, en kry toegang tot duisende episodes van uitstekende reekse, asook kwaliteit plaaslike vermaak en aangrypende rolprente soos Alison.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie fliek is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.