DStv sê oor pakketveranderinge

Die nuwe Explora-dekodeerder (Foto: DStv)

MultiChoice het Dinsdag aangekondig dat sy DStv Extra-pakket binnekort ʼn gedaanteverwisseling ondergaan.

Die maatskappy het gesê die Extra-pakket, wat DStv-kykers tans sowat R400 uit die sak jaag, gaan vandeesweek nog as die Compact Plus-pakket bekend gestel word.

Kenneth Nxumalo, ʼn woordvoerder vir MultiChoice, het gesê dié besluit is geneem omdat daar verwarring was oor die verskille tussen die Extra en die XtraView-pakkette en om meer waarde aan kliënte te bied.

Nxumalo sê die Compact Plus gaan DStv-kykers R90 ʼn maand meer kos. Dié pakket het egter ʼn groter aanbieding van kanale wat die Extra-pakket nié het nie.

MultiChoice het egter gesê DStv-kykers hoef nie noodwendig na die Compact Plus-pakket op te gradeer nie.

“Die Extra-pakket gaan nie wegval soos baie mense glo nie,” sê Nxumalo. “Diegene wat hul pakkette wil opgradeer na die Compact Plus, gaan nou R90 ʼn maand meer betaal. As kykers egter hulle ou pakkette wil behou, kan hulle – daar gaan net geen nuwe kanale bygevoeg word nie. Ons sal die Extra-pakket aktief hou totdat daar geen intekenaars meer is nie.”

As jy pas ʼn DStv-kliënt geword het, sal jy egter nie meer die Extra-pakket kan uitneem nie.

Die maatskappy het ook voorgestel dat Compact-kykers oorskuif na die Compact Plus-pakket vir “selfs meer vermaak”. Dié pakket sal jou R115 per maand meer kos.

“DStv Compact Plus is ʼn uitstekende oplossing vir ons Compact-kliënte wat meer vermaak vir hul gesin soek. Ons streef daarna om ons DStv-pakkette voortdurend te verbeter om ons kliënte meer vermaaklikheidswaarde vir hul geld te gee.”

Dié kanale word op die Compact Plus-pakket beskikbaar gestel:

  • Comedy Central
  • ITV Choice
  • E! Entertainment
  • kykNET
  • AfricaMagic Urban
  • Crime & Investigation
  • Animal Planet
  • HISTORY
  • SS7
  • SS8
  • Nickleodeon
  • CBeebies
  • VH1 Classic
  • SkyNews
  • RaiItalia
  • BVN
  • RTP International
  • TV5Monde
  • DW

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Duke ·

en so begin DSTV ook mense te forseer om die decoder met die internet te koppel, shows wat altyd op catch up was, moet jy nou deur die internet konneksie kry.

DSTV ·

Weet iemand dalk hoekom programme se nuwe reekse by episode 14 begin? Blacklist en Madam Secretary het beide in die helfte begin en tot op die einde gegaan. Ander programme word ‘box-sets’ en totdat dit daar verskyn op die “cath-up” gedeelte kan jy dit nie kyk nie. Het toe besluit om Once upon a time te kyk op Showmax, en nou is die 5de reeks nie daar nie en die 6de reeks is ‘n box-set. Kan enige iemand hier lig werp groot asb?

Antoinette ·

Seker omdat ‘n reeks gewoonlik 13 episodes het? Episode 14 is dus begin van seisoen 2.

lune ·

Al 2 daai reukse was op n production break. Dus het ou episode’s al verval.

Wihann ·

Baie programme wat meer as 10 episodes het, het n produksie breuk.
Hulle maak gewoonlik tussen 10 tot 12 episodes en dan skeduleer hulle n breuk oor kersfees/nuwejaars seisoen , sodat die akteurs en produksie span terug huis toe kan keer. Daarna gaan hul aan met die episodes.

mev z viljoen ·

Ek wens daar is iets soos jy kan kies wat se kanale jy wil kyk en daarvoor elke maand betaal dit sal baie beter wees want op die staduim betaal jy so baie en. Die helfde kyk n mens nie en dan is daar nog hoeveel herhalings. Ek se gee dit n kans dat mense vir dit betaal wat hulle kyk asb

kitty supra ·

Ek stem 100% saam. Ek hou van Afrikaanse programme en flieks. Sport verveel my. Ek het al lankal hierdie idee vir hulle gestuur

vonnie ·

uit die hele spul extras is daar slegs 3 kanale wat ons in sal belangstel. dus bly ons maar op die compact. R115 vir net 3 kanale extra is redelik duur

Dirk Boshoff ·

Dit is tyd dat DSTV mense keuse gee presies watter kanale hul wil kyk en daarvoor betaal. Driekwart van die kanale kyk ek glad nie. Wanneer gaan hul mense die keuse gee. Is tog regverdig dat mens net betaal wat jy WIL kyk, die ander kanale wat mens nie wil kyk nie uit faseer, kostes gaan onnodig op en sal my noop om DSTV dan eerder in toekoms te los.

Leo ·

Dis presies hoekom ons DSTv al 2 jaar terug gekanselleer het Dirk, want mens betaal vir klomp gemors en herhaalprogramme. Ek stem heelhartig saam met jou. Gee die kykers die opsie om hul eie kanale saam te stel wat hulle WIL kyk en betaal slegs daarvoor.

Dirk Boshoff ·

Gee mense keuse om hu EIE kanale te kies en daarvoor te betaal!! Sokker word orals uitgesaai, maar ons rugby is vir die meer gegoedes, selfs al is dit ons Nasionale sport, so ook krieket. Dit is swak dat lg twee sporte net op SS 1 en 2 is. As mens kanale kon kies sou meer mense dalk SS1 en SS2 kon bekostig. Saarom dat ek belangstelling begin verloor in bg twee sporte.

Louis ·

Baie beter idee! Kanselleer jou dstv en kyk Showmax of Netflix. Is net R99 per maand…

Ek stem ·

Baie goedkoper as die volleyball DSTV pakket en jy kyk wat jy wil wanneer jy wil!

Pieta ·

Tans R0.005 per Mb (halwe sent per Megabyte) insluitend LTE+ Modem met multi Wi-Fi en/of UTP.

Fires ·

DSTV stel nie belang om vir ons afrikaanse mense pakette saam te stel nie! Slegs vir die massas. Ons moet maar betaal vir alles en almal. Dis jammer ons kan nie per kanaal betaal nie. Met die regering wat wit afrikaanse mans om elke hoek en draai wil afdruk en dan ook kotas bevorder op die sport veld is dit nie meer lank voor ons begin boycot nie! Soos Spur! Rugby, DSTV, SAL, KFC, Ens.

Waghond ·

Om van die huidige DSTV Ekstra na Compact Plus @ R100 pm addisioneel oor te skakel of opgradeer maak geensins sin nie. Verkies dus om op DSTV Ekstra te bly.

A3 ·

Die internet “uncapped” is R500.00 per maand en ek hoef nie ‘n program 2x of selfs 3x oor te kyk nie.

Braam ·

DStV FREE – het reeds 6 jaar gelede van die grootste monopolie in SA ontslae geraak … en mis dit nie. Sal weer aansluit indien ek kan betaal vir dit wat ek kyk.

Geskok ·

DSTV? Rerig? Kyk julle dit voor of na julle by die Spur was?

Uitgebuit ·

Ja wel. Iemand moet seker vir Hlaudi se foute betaal!! Hoekom nie die Tv kykers nie. Baie bejaardes wat alleen bly het net die ou bietjie genot van TV kyk. Nou moet hulle deur hulle ore betaal vir dienste wat reeds so duur is. Is die nie tyd dat daar ook vir hulle spesiale tariewe ingestel word nie?

Niel ·

Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat ons sal kan kyk wat ons wil wanneer ons wil nadat dit wat jy wil kyk ge-“launch” is en dus net betaal vir die program en jou internet toegang. So om oor te gaan op ‘n “Betaal slegs vir kanale waarin jy belangstel” is seker nie ‘n onrealisitese verwagting nie, maar wat jy tien teen een sal ervaar is dat jy nie veel sal spaar nie.

Ek weet nie wat DSTV pakette kos nie aangesien ek in die VK bly, mr kom ons sê jy betaal nou R500 vir ‘n basiese paket met 40 kanale. Wat tien teen een sal gebeur as dit betaal per kanaal word is dat jy bv. R30 per kanaal vir die meer gewilde kanale sal betaal en miskien net R10 vir ‘n kanaal wat jy nie eers huidiglik weet betaan nie. So jy mag dalk opeindig met jou keuse van 10 premium kanale @ R30 elk (R300), 8 kanale @ R20 (R160) en 2 kanale @R15 (R30) wat jou dan 20 kanale vir min of meer dieselfde prys as 40 kanale vir R500.
Op die ou einde van die dag sal Multichoice presies weet waar om die prys per kanaal vas te stel om hulle imkonste teen minste konstant met huidige pakket stelsel te hou.

Lune ·

My pakket werk my net so onder die 1000 uit oor ek n explora het met ekstras. Dstv het ook n berug op hulle webwerf wat se as hulle sou laat ons kanale kies dit ons meer uit die sak sal jaag. Dis hoekom hulle dit nie so doen nie

Wessel ·

@ Lune Die pakkette is so gestruktureer, dat nie winsgewende kanale deur winsgewende kanale gedra word.

M.Kersop ·

Stel n pakket beskikbaar waar jy jou eie kanale kies en Multichoice sal verbaas wees hoe baie mense sal dit oorweeg om dit te doen

Alta ·

Die nuwe pakket kos R90 meer vir nog slegter kanale wat nie gekyk gaan word nie. Bly maar net by Ekstra is n wortel voor n mens se neus.

Willie ·

Mense wat DSTV se vol pakket het, moenie kla hulle kry swaar nie. Kommunikasie tussen mekaar is meer werd as enigiets. Ek weet.

Arno ·

Kan niemand agterkom dat almal alweer ingedoen word nie. Vir wie word daar voorsiening gemaak? dink nie wit suid afrikaners kyk na die kanale wat hulle hierbo lys nie? Ek het al twee jaar terug my Mnet gestop en is nie n dag spyt nie. Rugby kyk ons nou lekker in n gesselige afrikaanse kuierplek en flieks as ons ooit kyk kry ons op Netflix en Showmax. Dankie Multichoice nou speel my kinders ook weer in plaas van om na al julle repeats van 20 jaar terug te kyk……. en ek spaar 12 000 n jaar wat vir baie beter dinge betaal.

Anette ·

Ek verstaan nie die berig nie. Die ekstra pakket is al n rukkie R489 en NIE R400 soos in berig gemeld word nie. Dus behalwe as jy nou compact het is daar GEEN VERHOGING nie!!

bgj van der westhuizen ·

wel ek kan net se dat dstv weet dat die sauk so sleg geraak het dat jy gedwing is om van hulle gebruik te maak in my oe is hulle in klomp skelms elke maand moet jy betaal maar alles wat gewys word op die lare paket is alles ou goed wat aan een geskuif word van een kanaal na ander tyd waar op dit gewys word so dra internet goedkoper aak gaan ek oor na dit

Gilla ·

Na baie oorweging het ek verlede maand DSTV totaal gekansellleer en sommer al die drade uit my huis verwyder. Ek het my internet wat ek MOET hê by die huis ‘n rukkie gelede opgradeer na ‘n uncapped by Cybersmart, 10mbps lyn wat my R300 meer kos as my vorige Telkom 2mbps vir 10G. Ek het op Netflix registreer, vir 4 toestelle ‘n maand kos dit my maar R140 gemiddeld. Ek het ‘n Android TV Box gekoop vir R500, eenmalig en dit met my TV konnekteer en daarop kan jy enige iets kyk en doen wat jy wil. Reekse wat net uitkom in Amerika byvoorbeeld, kan ek binne 2 ure aflaai nadat dit daar gewys het en hoef nie te wag tot DSTV dit eendag uitsaai nie. Die opgradeerde internetlyn plus die Netflix kos minder as wat telkom en dstv my saam gekos het. Daar is 4 toestelle, so almal kan in die huis kyk wat hy wil en wanneer hy wil. Ek kyk nie sport nie, vir die wat dalk wil weet oor sport. Hulle throttle jou as jy by 300G kom, wat sover nog net een keer gebeur het.

Gilla ·

Ek het ook my rekenaar opgradeer saam met die internetlyn, en het ‘n lekker groot skerm gekoop, en daarop kan ek my programme of flieks kyk. My rekenaar is nou my alles in een, en ek is net spyt dat ek nie vroeër daardie kans gewaag het, en DSTV gekanselleer het nie. Veral vir die kinders het Netflix baie oulike programme op wat nog nooit op DSTV was nie.

Verstom ·

DSTV is die grootste crap denkbaar. Geen verandering is ‘n beter verandering nie.

Morne Roux ·

DSTV has n monopoly on the satellite TV market.
They charge you nearly R1k ao you can have premium.
Premium what? Premium repeats?
Besides, the main reason they have a monopoly is due to them knowing that the viewers who want to watch Rugby and Cricket will have to pay top Dollar to watch it, as there is literally no alternative, because Multichoice owns Super Sport.

If people could choose their own channels they would start losing money hand over fist as all their premium subscribers would 98% of the time only pick a max of 6-10 channels, which would probably be SS1 and SS2 along with MNet.

Lorraine ·

Ek het toevallig nou net met Dstv gepraat oor ek hul glo nog R33 skuld en hul gisteraand ons pvr afgesit het oor die bedrag. Nadat ek hul gebel het moes ek uitvind ek betaal R20 al die afgelope 3 jaar vir ‘n ou dekordeder wat ons nie eers meer besit nie elke maand. Maar jy kan vergeet om met hul oor die foon iewers te kom. Het net Engelse werkers en hul praat met jou of jy dom is. En ek stem saam daar behoort na pensioenarisse gekyk word om minder te betaal.

Ruby ·

Dis nou die 3de maand wat ek sonder dstv is, met baie meer pitte in die sak. Het in elk geval Wi-Fi gehad so nou Netflix ek.

Ek het net ‘n paar kanale gekyk maar moes die massas subsideer om kanale te hê wat die grootste klomp gemors is.

Blitz ·

Hou op kla oor hoe pateties DSTV is en hou op dreig om te kanselleer. Doen dit net. Ek het en is glad nie spyt nie. Net ‘n klomp gemors wat jou tyd roof. My pakket was bykans R1000pm. 6maamde nou al skoon. Mis dit glad nie. DSTV maak te lekker geld, sal nooit na kykers se pype dans want hulle het jou net waar hulle jou soek, verslaaf aan gemors. Kanselleer

Henk ·

mens sal verwag DSTV sal met MEER vir MINDER vorendag kom aangesien ons dieselfde gemors die afgelope 25 jaar oor en oor kyk. Nou kom hulle met MEER gemors vir nog MEER geld vorendag? Werklik??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.