Edik van Nantes nou op Showmax: Goeie kos, goeie geselskap

Nataniël sluit by sy broer, Erik le Roux, aan in Nantes aan die Loire-rivier, Frankryk in die program, Edik van Nantes.

Erik is ʼn opgeleide sjef en woon saam met sy gesin in dié pragtige deel van die wêreld. Die twee broers herstel ʼn leë kliphuis op ʼn plaas wat behoort aan die uitgebreide familie van Erik se vrou, Nathalie.

Nataniël se spontane maar elegante styl maak van dié program ʼn treffer – selfs vir diegene wat nie kan kook nie!

Verwag goeie kos en goeie geselskap in dié interessante program.

Die eksklusiewe kos-reeks wat die werk en wêreld verken van Suid-Afrika se eerste Michelinster-sjef, Jan-Hendrik van der Westhuizen, is ook op Showmax te sien. Kyk hoe hy die Franse en Suid-Afrikaanse kookkuns bymekaarbring in sy restaurant, JAN, in Nice, Frankryk.

Edik van Nantes is nou op Showmax beskikbaar vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.