Elders: Die Camino – nou op Showmax te sien

Erns Grundling se boek Elders oor sy ervaring tydens die stap van die Spaanse pelgrimstog bekend as die Camino, is ’n topverkoper wat lesers meevoer op ’n lewensveranderende voetreis, maar ook op ’n innerlike tog.

Nou kan jy ’n meer intieme blik op die staptog ervaar met die kykNET-reeks Elders: Die Camino, waarin Erns sy tog hervat saam met ’n klein kameraspan van Palama Productions, bestaande uit die vervaardiger Niel van Deventer, die aktrise en regisseur Charlene Brouwer, en die videograaf Kobus Zietsman.

Die reeks is ’n leefstylavontuur wat fokus op dinge soos die genot van stap, kop skoonmaak, in die oomblik leef, die natuurskoon van Spanje en die mense wat die stappers langs die pad teëkom. Voornemende Camino-stappers sal ook meer uitvind oor die verblyf en kos wat hulle kan verwag tydens so ’n staptog, terwyl rusbank-reisigers vermaak en verkwik sal word deur hierdie besonderse avontuur. Kyk sommer dadelik na splinternuwe episodes op Showmax.

Nuwe episodes is elke Woensdag beskikbaar.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.