Emmy-benoemings: ‘Game of Thrones’ kraai koning

Lena Headey as Cersei Lannister. Foto: HBO via AP)

Lena Headey as Cersei Lannister. Foto: HBO via AP)

Die fantasiereeks Game of Thrones spog vanjaar met 23 benoemings vir die Emmy-pryse wat later vanjaar plaasvind.

Dié gewilde TV-reeks is onder meer benoem vir beste dramareeks; twee benoemings vir beste ondersteunende akteur in ’n dramareeks aan Peter Dinklage vir sy rol as Tyrion Lannister en Kit Harington vir sy rol as Jon Snow; drie benoemings vir beste ondersteunende aktrise in ʼn dramareeks aan Emilia Clarke vir haar rol as Daenerys Targaryen, Lena Headey vir haar rol as Cersei Lannister en Maisie Williams vir haar rol as Arya Stark.

Peter Dinklage as Tyrion Lannister. Foto: Helen Sloan/HBO via AP

Peter Dinklage as Tyrion Lannister. Foto: Helen Sloan/HBO via AP

Game of Thrones het verlede jaar 24 benoemings ontvang en met 12 van die pryse weggestap. Die reeks is al vir 106 Emmy-pryse benoem waarvan hulle 26 gewen het.

Die reeks The People v. O.J. Simpson: American Crime Story het 22 benoemings ontvang, insluitend twee vir beste akteur in ʼn reeks of rolprent aan Cuba Gooding Jr. vir sy rol as O.J. Simpson en Courtney B. Vance vir sy rol as Johnnie Cochran.

Die reeks Fargo spog met 18 benoemings terwyl die politieke komedie Veep vir 17 pryse benoem is. Saturday Night Live het 16 benoemings gekry, House of Cards 13 en The Night Manager 12.

HBO se inhoud spog met die meeste benoemings naamlik 94, gevolg deur FX Networks se 56 en Netflix se 54 benoemings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.