En die ‘Kokkedoortjie’-wenner is…

Edwin Theron (Foto: Verskaf)

Edwin Theron is Woensdagaand as die wenner van kykNET se gewilde Kokkedoortjie-werklikheidsreeks gekroon.

Dié jong kok (13) van Worcester het in die finale episode van Kokkedoortjie teen Christi Myburgh (14) van Bloemfontein meegeding.

Edwin en Christi moes ’n driegang-spyskaart vir die beoordelaars, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, voorberei. Wat die kroon vir Edwin gespan het, was sy weergawes van ’n Avokado Ritz as voorgereg en hoender cordon bleu as hoofgereg. Sy spyskaart is afgerond met sjokoladepoeding met kersies. Dié drie treffergeregte het hom die Kokkedoortjie-wennerstitel besorg.

“Ek kan steeds nie glo ek het gewen nie, want Christi is ongelooflik goed in die kombuis, boonop met baie koskennis,” sê Edwin.

Edwin saam met sy ma (Foto: Verskaf)

Kokkedoortjie het my lewe verander en ek is nou trots om vir die wêreld te wys dat ek daarvan hou om te kook!”

Edwin se hoofprys is ’n Mediterreense bootreis, geborg deur Pentravel, en hy vertrek Saterdag (1 Julie) saam met sy ma, Marietjie, en suster, Martli, met dié vakansie.

Christi stap ook met ’n prys van Pentravel weg en hy en sy gesin vertrek binnekort met ’n vakansie na Mauritius.

Ander goeie nuus

kykNET het ook Woensdagaand ʼn opvolgreeks vir Kokkedoortjie aangekondig, maar dié keer met ’n baktema.

Edwin en Christi saam met hul ma’s (Foto: Verskaf)

kykNET soek nou deelnemers, tussen nege en 13 jaar oud, vir Koekedoortjie, terwyl Mari-Louis Guy en Nic van Wyk weer die septer, of eerder die klitser, sal swaai in die Koekedoortjie-kombuis.

Voornemende deelnemers kan ’n e-pos stuur na [email protected], 021-422-3452 bel vir meer inligting of die kykNET-webwerf besoek. Inskrywings sluit 25 Augustus 2017.

Aanhangers van Kokkedoortjie kan ook uitsien na ’n kookboek oor die reeks, wat deur Errieda du Toit saamgestel is. Dit sal van 19 Julie te koop wees en bevat talle resepte uit die reeks en die beoordelaars deel ook resepte waarvan hul eie kinders baie hou.

Mari-Louis Guy, Edwin en sy ma (Foto: Verskaf)

Die Kokkedoortjie-span (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Bewonderaar! ·

Ons het die reeks baie geniet! Veral my kinders ook! Dit was vir hulle ‘n groot inspirasie om te sien hoe kinders van hul eie ouderdom alreeds hul drome kan uitleef. Stunning decor!

anna ·

Baie geluk Edwin, jy was van die begin af my gunsteling.
So vrolik in die kombuis en niks kan jou onder kry nie.

Genieve ·

Ek het sommer samet die mammas gehuil van blydskap.Dai Edwin het geweet wat hy doen.3Gang maaltyd yoh.Baie geluk vir hom,en Christi was netso oulik.

Carol ·

Puik program – Edwin jy was maar my gunsteling van die begin af! Wonderlike mammas en ondersteuning! Baie baie geluk, en bly altyd so positiewe mensie!

Estelle ·

Verbeel ek my, of was dit nie Christi wat die hoender cordon bleu as sy hoofgereg gemaak het nie? Edwin het sulke “balle” gemaak met steak.

Ronel ·

EK stem saam Estelle. Edwin het daai groot balle gemaak. Dink dit was ook ‘n gorden blue met 2 verskillende kase en ‘n mushroom sous. Hy het daai vleis nog so lekker bygekom met sy hammer.

TaniaV ·

Nog ń puik program van Jaco Loubser en Paul Venter- Homebrew Films.

ouma ·

Ek het dit nie gekyk nie want dis absoluut absurd om sulke jong kinders aan soveel stres bloot te stel en dit net omdat ouers wil spog met :” my kind het gewen!!!” Word die kinders van vandag nie genoeg aan stres blootgestel met sport en skoolwerk nie, daar is nie behoorlik tyd vir kindwees en speel nie. Vraag aan beoordeelaars en Kyk Net: Sal jul jul kinders aan dit laat deelneem? Hoeveel van die grootmens kokkedore het nie altyd in trane uitgebars en dan weet jy dis oor stres!! Ouers besin voor dit te laat is en jou kind sielkundige probleme of siektes voorkant toe het.

Jackie ·

Ouma die kinders het self die wens gehad om in te skryf. Dit het nie daaroor gegaan dat die ouers wil spog met hulle kinders nie. Maar hulle kan maar spog. Al daai kinders het hulle puik van hul taak gekwyt. Ons lewe in ‘n tyd waar daar meer druk is en die sterkeres oorwin. Die swakkes het nie ‘n kans nie. So sit jy met jou bangheid tuis en word nog ouer as hoe jy voorkom die lewe gaan aan met of sonder jou preutsheid

JOHAN ·

EK WIL NET SE EK DINK JY IS N COOL SEUN EK IS SO TROTS OP JOU EN SO BLY VIR JOU MA. EK WEET SOMMER ONS GAAN BAIE VAN JOU HOOR……

Ansie Geldenhuys ·

Die program en deelnemers was vir ons besondere goeie vermaak. Geluk aan Edwin. Hoop hy bly so ‘n opregte, nederige mens.
Ons beste wense aan die res van die deelnemers.

m ·

Ons het hierdie program vreeslik geniet en daai kinders kan omtrent lekker kosmaak. Ek dink hulle het hulle baie geniet in hierdie program. Kan nie wag om die volgende een te sien nie.

Nog 'n bewonderaar ·

Ek was vreeslik beïndruk met al die deelnemers en ek het die program vreeslik geniet. Ek het baie van Christi en Edwin gehou, maar ek moet erken dat ek op die ou einde bly was dat Edwin gewen het. Hy het rou talent en ek kry die idee dat hy dalk meer op homself aangewese was om sy talent te ontwikkel waar dit vir my lyk of Christi dalk moontlik meer geleenthede gehad het tot dusver om homself in die kombuis uit te leef. Hy het baie meer afgerond voorgekom en is definitief self baie talentvol. Edwin het net elke keer alles so ‘effortless’ laat lyk. Hulle is werklik albei twee baie oulike kinders.

ou Kokkedoor ·

Baie geluk Edwin – jy het dit verdien. Wil net my komplimente oordra aan die Vervaardigers van die reeks. Die hele uiteensetting en omgewing waarin hulle gewerk het was lieflik om na te kyk… wonder wêreld vir ‘n kind en die 2 Aanbieders was net so ondersteunend, hulle het die kinders mooi hanteer en ons kon elke Woensdagaand iets by hulle leer – baie geluk daarmee dit was ‘n uitstekende program.

Antoinette Els ·

Baie geluk Edwin! Jy is ‘n waardige wenner en was ook my gunsteling van die begin van die reeks – maar net so welgedaan aan Christi en al die ander deelnemers. Julle is almal wenkinders en moet geweldig trots wees op die blote feit dat jul deel was van ‘n televisieproduksie wat die hele land vir weke lank vermaak het!! Wel gedaan!! Dankie ook aan die vervaardigers en die aanbieders wat die kinders pragtig hanteer het!!

Zet ·

Ou Edwint’tjie, jy was my gunsteling van die begin af!!!! Kyknet, ek wens julle wil die program ‘n uur lank maak. ‘n Halfuur is nou wraggis te min om al die gawes te bewonder!!!

nannie ·

Eerstens baie geluk aan die 2tjies die program was goed en ons het dit geniet. @ ouma kom by in die lewe die kinders het dit geniet. Ek is self n ouma en sou so trots gewees het as 1 van my klein kinders daar gewees het. Stres? Hoeveel stres het kinders by die skool? Om kompiteerend te wees met skoolwerk / sport / buite muurse aktiwiteit/ ouers se aandag???

Piet Pompies ·

Altwee is wenners, Edwin het net daardie ekstra merkie gekry. Uitstekende reeks, ons gesin het die program gevolg en baie geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.