En die nuwe aanbieder van ‘Noot vir noot’ is…

(Johan Stemmet. Foto: Argief)

Nadat Johan Stemmet, gewilde aanbieder van die musiekprogram Noot vir noot, in Januarie aangekondig het dat hy ná 29 jaar die program as aanbieder gaan verlaat, het hy vandag op sy Facebook-blad bekendgemaak wie die nuwe aanbieder gaan wees.

“Ons het iemand geteiken wat kan sing, goed beweeg, goed kan aanbied, ʼn sin vir humor het, goeie musiekkennis het, ondervinding op televisie, ondervinding op die verhoog, iemand wat professioneel en betroubaar is ten alle tye, iemand wat sy gehore respekteer en as gevolg daarvan deur sy gehore gerespekteer word, iemand wat Noot vir noot na verdere hoogtes met bestaande en nuwe gehore kan neem.”

Emo Adams (Foto: Facebook)

Stemmet het gesê hy het groot vertroue in die nuwe aanbieder en dat hy aan al die bogenoemde vereistes voldoen.

“Ek sien so geweldig daarna uit om vorentoe saam met hom te werk. Welkom as aanbieder van Noot vir noot … Emo Adams!”

Stemmet het vroeër vanjaar aan Maroela Media gesê dat die formaat van Noot vir noot saam met die nuwe aanbieder sal verander, maar hy het nog nie verklap wat dié veranderinge presies sal behels nie.

Die program in sy nuwe formaat sal in Augustus op die kassie te sien wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Emo ·

YIPPEE!!!!!!!!!!!!!! Love hom. Ek is baie bly vir jou… kannie wag nie

Note ·

Jippee, nou sal ek weer noot vir noot kyk. Dit gaan lekker nuut en vars wees. Die ou noot vir noot was super verveelig.!!

Andreas ·

Kapies, Kaaps en al daai tale sal nou blom, miskien promote hy ook Afrikaans. Man en daai Malay songs, soos Oom Jakkals en so, dis nou een van die moppies ne. Ko o gie di man kans man. Hy is mos nie va giste af hie nie, ma eegiste!

Verlang ek nou terug na jongtyd inni Kaap met al sy flair en geen niks bekommernis nie.

Charles ·

Baie goeie keuse !! Emo is ‘n fantastiese kunstenaar en ken sy musiek…….stem ok sam mette bietje genuine Kaapse afferkaans…….

Humbug ·

Gelukkig het ek eeeeeeuuuuuuuueeeee laas dit gekyk en sal nie gou weer nie. Gelukkig verskil smaak en kan sy aanhangers kyk.

Lina Smit ·

Inge, jy het geweet dit kom maar toe is dit n verrassing? Sjoe!

Vonkprop ·

Ek is glad nie ‘n aanhanger van hom nie, maar sal hom ‘n kans gun.

Clinton ·

Dis nou ons tyd. Te lank het ander volke vir ons in ons se eie land kom voorsê en gemaak asof Afrikaans net aan die wittes behoort. Johann Stemmet was nou wel `n Namakwalander, maar nou het ons `n properste Nama-kjend. My mens nou gaan ons vir jou stoftrap tot die trane rol. Voorwaarts Khoisan Revolusie.

Swartwolf ·

Wonder hoe sou noot vir noot in Khoi geklink het ou Clinton ? Se maar dankie vir Afrikaans soos ons almal. En geniet die rieltrap…….

Andreas ·

As hy soos Trevor Noah gaan wees, sal dit ‘n nagmerrie wees.

Els ·

Jippee!! Geweet daar kan net 1 opvolger wees en dis Die regte een!!!

Bekommerd ·

Gelukkig is hy nie n kwota aanbieder soos Ashwin Willemse nie. Hierdie ou is goed verby.

Andreas ·

Emo, oor die kaai.
En die deining wieg, soos die winde waai.
Lewens, vryverklaar.
As die vlerke sprei, en die tyd invaar.

Reise, onbeplan.
Onbewus, van die doel daarvan.
Kompas, in die hand.
En ‘n vasteblik, op ‘n verreland.

Emo neem my saam.
Na waar jou reise, ook heen mag gaan.
Emo neem my saam.
Daar waar ek vry kan asemhaal.
Daar waar die leweskanse draai.
Emo neem my saam.

( Anneli, ek vertou jy sal dit ook geniet dat ek dit geleen het – Seemeeu neem my saam.)

Andreas ·

Ek sal jou nooit ooit vergeet nie, soos jy daar sing, nou en dan die kop wip, die hand wat die lug in wys … dis net ongelooflik die gevoel wat jy in mens se lewe geplaas het. Jy het ons almal vir ‘n leeftyd saam met jou op reis geneem.

Dankie.

A Mac ·

Kom ons kyk hoe dinge loop met die nuwe formaat en aanbieder. Dit kan seker nie erger wees as die ander programme waar daar Afrikaanse aanbieders is wat meer Engelse woorde in hulle aanbiedinge en gesprekke met gaste het wat die kyk van sommige programme net onaangenaam maak.

Lizelda ·

Ek ook Johann. Ek was amper 100% seker dit sou Pieter wees maar nou ja…

Andreas ·

Gaan Google gerus André Christof, dat hy jou Op Vlerke met sy boeke in Die Wildtuin kan neem, ‘n ervaring wat al jou vyf sintuie aanspreek soos dit nog nooit voorheen gedoen is nie.

P ·

Oh dear dankie tog ek kyk dit vir jare al nie meer nie begin van die einde vir noot vir noot

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Dis nou ñ groot verrassing…
Kom ons gee dié man ñ kans ??

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Dis nou ñ groot verrassing…
Kom ons gee dié man ñ kans ??

Anoniem ·

Nee wat Emo Adams is virseker nou nie my gunsteling nie. Ek kyk geen program waar hy die aanbieder is nie, so dit is nou maar ook na al die jare totsiens aan Noot vir Noot.

Essie ·

Ag siestog, Note. Jy het seker met een oog na die ou Noot vir Noot gekyk. Hoe weet jy dit was vervelig. Hou jou negatiewe kommentaar vir jouself.

Marinda ·

Jippieee, nou sal ek dalk weer Noot vir Noot begin kyk… ek dink dit gaan baie funny wees… kan nie wag nie

Hanneri ·

Ek het persoonlik glad nie ‘n probleem met Emo Adams nie aangesien hy inderdaad alles is wat die program nodig het… maar sou Pieter Koen nie ook aan dié kriteria voldoen het nie? In die lig daarvan dat Jukebox tot ‘n einde gekom het en hy homself as aanbieder bewys het? #ekwondermaarnet

Dalena Enslin ·

Ek sou hom nie kies nie, maar kom ons gee die man ‘n kans? Ek dink solank hy nie so uitermate snaaks probeer wees (en dan eintlik glad nie is nie), kan dit werk. Elke nuwe reeks Noot vir Noot episode moet asseblief tog net nie ontaard in ‘n verspotte episode soos wat elke einde van ‘n reeks episode, met die celebrities wat probeer snaaks wees (en dan eintlik glad nie is nie, haha). Ek hoop vir die beste, want Noot vir Noot is een van my gunstelinge op TV.

Andreas ·

Ek stem, net solank hy natuurlik optree, maar dan wat vir hom natuurlik is, is vir ander vreemd.

Hannelie ·

Lekker……waars dit lekker….hiers dit lekker!! Goeie nuus Emo is uitstekend.

Die Leeu ·

Lekker man! Die knaap is ‘n gebore vermaker, met hope energie en ‘n goeie sin vir humor.
Dit behoort baie goed te werk met hom as aanbieder en ek sien uit daarna om die nuwe blaadjie van Noot vir Noot te sien.

Andreas ·

As hy soos Trevor Noah gaan wees, sal dit ‘n nagmerrie wees.

ES ·

Ek het nie geweet daar is nog mense wat Noot vir Noot kyk nie… ?

Mmmmm ·

Die taal gaan lekka gemix word, note vir note…kyk hoe check hul my nou ?

A Mac ·

Kom ek probeer weer. Ek het geen probleem met die nuwe aanbieder nie. Die program kon ‘n tweetalige aanbieder gehad het, naamlik ‘n aanbieder wat so baie Engelse woorde en aanhalings in onderhoude en aanbiedings besig dat dit regtig nie lekker is om na sommige Afrikaanse programme te luister nie.

Elsa ·

Ek vind Emo glad nie ammusant nie. In teen deel, ek kyk glad nie na hom nie. Neem bv Afrikaans is Groot op, en forward die opname as sy gesig verskyn. Jammer Pieter.

Totsiens Noot vir Noot.

barend v d westhuizen ·

ja en so raak al die wit aan bieders al hoe minder

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.