En die wenner van Die Kontrak is…

Demi Lee Moore

Demi Lee Moore (28) is Vrydagaand by die eerste Afrikaans is Groot-megakonsert van 2018 by die Sun Arena, Pretoria as die wenner van Die Kontrak aangekondig.

Die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld, wat Die Kontrak aangebied het, het Vrydagaand op die verhoog bekend gemaak dat Demi Lee van Durbanville ʼn platekontrak van R1 miljoen by Coleske Artists losgeslaan het.

Monique Steyn was Demi Lee se mentor op Die Kontrak, VIA (DStv-kanaal 147) se musiektalentkompetisie.

Demi Lee het vroeër die week haar ondersteuners op Facebook bedank. “Ek sou nie hier gewees het sonder julle ondersteuning nie. Ek sou nie hier gewees het sonder almal se gebede en bystand nie. Julle is die rede waarom ek nuwe musiek kan maak, die rede hoekom ek vertonings kan speel.

Demi Lee op die verhoog nadat sy as die wenner aangekondig is.

“Julle is die rede waarom ek na al die jare hier staan. Ek wil uit my hart uit dankie sê dat julle elkeen hierdie pad saam met my gestap het, vir elke boodskap (ek lees elke liewe een). Ons is nou so naby aan die einde van Die Kontrak maar die begin van ongelooflike dinge. Dankie aan elke persoon wat bygedra het tot my nuwe begin.”

Die Pretorianer Ivan Roux (28) was tweede in die kompetisie. Sy mentor was Dewald Wasserfall. Die episode waartydens Demi Lee as wenner aangekondig word, word Woensdag 28 November om 20:00 op VIA uitgesaai.

Demi Lee en Ivan se musiekvideo’s is tydens die afgelope week se uitsending van Die Kontrak die eerste keer op televisie vertoon.

Die musiekvideo’s vir Demi Lee se “Mis eet slaap herhaal” en Ivan se “Daai ding” kan nou eksklusief op die JOOX-app gestroom word. Hul albums is tans landwyd op die rakke van Musica-winkels beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Geluk ·

Baie geluk.Ons is saam jou bly.Baie sterkte met elke liewe tree op jou nuwe reis.Jy gaan nog baie hoogtes bereik.

Suanette Ludick ·

Baie geluk Demi Lee, ek het nie vir een oomblik getwyfel in jou nie. Jy is een van die beste vroue kunstenaars ek ek gaan beslis elke cd van jou koop. Sterkte vir jou toekoms.

Marlene ·

Ivan ons is nog 10000000000 miljoene agter jou en GOD en weet JY sal nog ver kom. JY bly my gunsteling!!!!!. Gaan jou cd koop en kan nie wag as jy optree!. GOD het vir jou nog iets grooter!?

Cheryl ·

Baie Geluk Demi – jy is fantasies! Ook Baie Geluk aan Ivan wat net so fantasties was. Baie voorspoed met julle nuwe loopbane – Julle is nou gemaak en ons wil baie van julle hoor

Michelle ·

Nee wat, Ivan het al die karakter eienskappe, van stage personality, entertainment value en die stem. Volgens my, verkeerde besluit.

Hannelie ·

Michelle ek stem saam ons kort nuwe manlike kunstenaars en hy het die hele pakket!!!

Samantha ·

Michelle en Hannelie ek stem 200% saam julle Ivan het als wat n nuwe kunstenaar bevat. Maar glo hy gaan ver kom en een van die dae hoor ons hom meer as vir Demi

anni ·

Ag Nee Ivan moes wen, Sy liedjie ook beter. En kan hierdi extentions tog net verdwyn, Demi lyk so mooi met normal hare!!!!!!!!!!

LORNA ·

Demi sing great maar het nie die stage personality wat Ivan het het nie, Ivan gaan
baie meer optredes geboek kry! Verkeerde keuse grootbaas

Clyvia ·

Baie geluk Demi Lee.
Ek persoonlik het baie meer van Ivan gehou en hoop dat hy ook ‘n goeie loopbaan in die musiekbedryf sal hê.

Susan van Staden ·

Nee wat , Demi-lee is mooi en sy het ‘n mooi gesi , maar Ivan moes maar die wenner gewees het !!

LB ·

Baie geluk Demi Lee! Sy was my gunsteling van dag een af. Dit is vir my sleg om die bg kommentaar te lees..gun die meisie haar groot oomblik en ons almal kon sien dat Ivan beslis ook n groot stêr gaan word.

Phillip Bruwer ·

Baie geluk Demi Lee! En baie DANKIE dat jy Helpende Hand se #StopHonger-veldtog ondersteun om te sorg dat 8 000 behoeftige Afrikaanse kleuters (soveel mense wat die Afrikaans is Groot se Arena kan huisves), elke liewe dag ‘n gesonde bord kos kan kry. Ons is mal oor jou – nms. Helpende Hand

Reinette ·

Geluk aan Demi. My gunsteling was egter Ivan. Hy is die hele pakkie. Jy is n ster in wording. Het reeds jou CD gekoop. Wow!!!

Michael ·

Mense daar is in alles altyd net een wenner maar hier het al twee gewen. Ek dink die groot baas het soos hulle se (toss the coin) want dit is twee wonderlike kunstenaars . Al twee gaan dit BIG TIME maak.

jacky ·

Ek dink Ivan moes gewen het, hy het baie meer verhoog presence

*Orelia ·

Baie geluk Demi-Lee jy verdien die wen. Jy sing met passie en is die hele pakkie.

Petro ·

Ek moet eerlik waar se dat al 2 baie mooi sing en kan ek dink dit was nie n maklikke besluit nie maar ek is vreeslik bly Demi-Lee het gewen. Sy sing nie net mooi nie maar sy is n baie mooi vrou ook. Pragtige persoonlikheid en wens haar net die beste toe .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.