En die wenner van ‘Survivor SA’ is…

Robert Bentele. Foto: Survivor SA

Robert Bentele (28), die voorbok en nie-amptelike leier van Survivor SA: Island of Secrets, is pas as die wenner van dié seisoen aangewys.

Robert, of Rob soos sy spanmaats en aanhangers hom leer ken het, het ses stemme op hom gevestig om met die titel weg te stap.

Rob het tydens die finale oomblikke aan die jurie gesê hy voel hy het die spel baie goed gespeel. Volgens hom het hy Survivor se leuse van “outwit, outplay and outlast” vergestalt deur altyd te weet vir wie daar gestem gaan word en altyd al die inligting oor die spel tot sy beskikking gehad het.

“Ek het in julle gedagtes ingekom en ʼn web gespin,” het hy aan die jurie gesê. “Ek is dankbaar en het die beste gedoen wat ek kon. Ek is trots op die spel wat ek gespeel het en ek hoop julle kan dit waardeer.”

Hoewel baie van die jurie-lede in die verlede hul misnoeë met Rob uitgespreek het tydens tribal council, het ses uit die 10 mense vir hom gestem. Nicole het vier stemme op haar gevestig en Durão het geen stemme ontvang nie.

Rob was van die begin af aan die stuur van die spel. Behalwe vir sy sterk sosiale bande wat hy met verskeie deelnemers, maar veral met die “Amigos” gevorm het, was hy ook ʼn fisieke bedreiging en die immuniteit-halssnoer het vyf keer om sy nek gehang.

Rob, wat van Richardsbaai af kom, is ʼn fotograaf en was al voorheen ʼn liggaamsbouer en MMA-vegter. Hy het ook al Kilimandjaro geklim. Sy ma is van Suid-Afrika en sy pa van Oostenryk.

Rob het met sy deurdringende blik baie van die ander deelnemers om sy pinkie gedraai en uiteindelik stof in Nicole en Durão, én die res van die 19 deelnemers se oë geskop.

Hy het deur die loop van die spel keer op keer sy bondgenote bymekaargemaak om mense uit te stem wat vir sy spel ʼn bedreiging was, en wanneer dit gelyk het asof die spel nie in sy guns verloop nie, het hy seker gemaak hy wen die immuniteit-halssnoer of vind ʼn versteekte immuniteit-beeldjie op die eiland.

Rob wen R1 miljoen en die titel van Survivor SA 2019.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DS ·

Beste Survivor reeks tot nou toe (en dit sluit oorsese reekse in). Rob jy was die ULTIMATE survivor en het die spel perfek gespeel. Geniet jou paar randjies en ook die kar wat jy gewen het jy het dit verdien.. O en net van die os op die jas jy het darem maar die mooiste oe en smile ????

TLC ·

Rob
Jy was van die begin af my gunsteling seker daai oë van jou
Genade jy kon deur mens kyk
En dan het jy die kar ook gewen wow
Het survivor vreeslik geniet
Baie baie GELUK

Gesiggie ·

ROB…. Jy verdien dit deur en deur… Ek is ‘n groot Survivor Fan, die was die beste reeks nog ooit. Nico, jy bied dit ongelooflik goed aan. Ons gaan Survivor Donderdae aande vreeslik mis. Dit het vir soveel familie pret gesorg in ons huis…. Rob, Baie baie geluk, ons is baie trots op jou!

VanAfrika ·

Ek geniet Survivor, my gunsteling sal altyd Boston Rob wees van Amerika. Sy spel het twist en draaie gehad maar altyd n gentlemans game gespeel, sy spel teen Russen Hantz het hy uitmuntend gespeel, het dadelik deur die man gesien. Het nie die keer ons reeks gekyk nie, sal graag die heruitsending wil kyk.

Marietjie ·

Jy was van die begin af my gunsteling. Baie geluk. Geniet jou prysgeld en ry lekker rond in jou kar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.