En die wenner van ‘Survivor SA’ is…

Tom Swartz (41)

Ten spyte van die feit dat Tom (41) ʼn hele paar deelnemers in die spel van vroeg af verkeerd opgevryf het, het hy dit tot by die samesmelting van stamme gemaak as gevolg van sy goeie oorlewingsvaardighede en ook deur op die regte plek op die regte tyd te wees. Ondanks die feit dat hy een van die oudste deelnemers is, het sy vermoë om kos te vind, skuiling te bou en vuur te maak hom verskeie kere gered.

Jeanne, Tom en Annalize is die top-drie finaliste vir Survivor SA (Foto: Verskaf)

Hy het ʼn goeie verhouding met Chané opgebou, maar sy optrede op die eiland, veral sy tafelmaniere, het Chané teen hom laat draai. Hy het dit tot by die samesmelting van die stamme gemaak, maar sy oorspronklike stam het hom nie genader om saam met hulle te stem nie. Hy het toe saam met lede van die ander stam sy oorspronklike stamlede een vir een uitgestem.

Sy vertroue in Werner het veroorsaak dat Katinka uitgestem word, maar met die top-drie in sig het hy gehelp om ook vir Werner uit te stem, om vir homself ʼn beter kans te gee om die R1 miljoen te wen.

Tom het deel van die top-twee geword nadat Jeanne die immuniteitsuitdaging gewen het en besluit het om vir hom, eerder as vir Annalize, saam met haar na die finale Tribal Council toe te vat. Nadat die top-twee die geleentheid gekry het om hul finale pleidooi voor die jurie te lewer, het Tom uiteindelik met die Survivor SA-titel weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

TLC ·

TOM TOM TOM van dag 1 was jy my wenner
Ek weet jy het dit verdien
Werner was my 2de keuse So bly hy het kar gewen
AIAI Vuzi jy dra baie kwaad in jou Dit moes vir jou n baie groot vernedering gewees het SHAME
Maar daar is Tom tog so sexy
en tot PK het sy pak soos n man gevat En lyk nogals te grand hoor
hoop hy het blink toekoms voor hom
stel voor hy try iets soos model werk

Eugene ·

Mooi Tom!! Jy is n Survivor
Dankie vir Vusi se gesigsuitdrukking toe jy daai R1m in jou sakkie sit, priceless!!!!

Willie ·

Baie goed gedaan! Trots op jou… Ja ne, Vusi was nie beindruk nie…vatso Katvis

Uvonka ·

Whooohoo, congrats Tom. Jy het die spel soos ‘n pro gespeel en ek is sooo bly jy het gewen!

E.K. die eerste ·

Tom verdien dit uit en uit. Ek het baie van Werner gehou – was eintlik my eerste keuse so is bly het darem die kar gewen! Vusi moet leer dis hoe Survivor werk- moenie so bitter wees nie dude! BLY Jeanne het nie gewen, sy het oor en erken dit was “luck” so ek dink sy het mense afgesit met haar stories in plaas van, soos sy gedink het, dat sy hul gaan ompraat om vir haar te stem. Sy het geen regtige plan gehad en as een van die jurielede vra was dit of dat jou plan, dan skielik sê sy ja dit was. Ag nee wat man! Tom is beslis ‘n waardige wenner. Die feit dat hy ‘n “anti-poaching unit” lei het hom baie hoog in my aansien laat styg. Sou graag wou hoor wat hy beplan met die geld!

Ouma ·

Baie geluk Tom, jy was ook een van my favourites. Vusi moes summier van TV afgehaal gewees het om so met mede spelers te praat is om van siek te word. Suur druiwe as jy my vra.

honourable member ·

Mooi gespeel julle. Was weereens n puik reeks om te kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.