En SA se eerste ‘Bachelorette’ is …

Qiniso van Damme is SA se eerste Bachelorette (Foto: M-Net)

Qiniso van Damme is pas aangewys as Suid-Afrika se eerste Bachelorette nadat sy vroeër vanjaar aan Marc Buckner se seisoen van The Bachelor SA deelgeneem het.

M-Net het Sondag aangekondig dat hulle ná twee suksesvolle The Bachelor SA-seisoene, nou ook The Bachelorette na die Suid-Afrikaanse skerm bring.

“Qiniso was van die heel begin af ʼn gunsteling en ons weet beslis dat sy die passie en opwinding in dié seisoen sal bring,” sê M-Net se bemarkingshoof, Lani Lombard.

“Ons koningin Qiniso is oulik, pittig, sexy, slim, uitgesproke, borrelend, vriendelik, selfversekerd, dinamies en eie aan haarself – die tipe vrou wat ʼn diverse groep suksesvolle mans onweerstaanbaar sal vind.”

Qiniso is ʼn 26-jarige model en aktrise van Kaapstad. Sy is ook die suster van DA-parlementslid Phumzile van Damme en is tans besig om haar meestersgraad in sosiale antropologie te voltooi. Qiniso se ma is Suid-Afrikaans en haar pa is van België.

In die tweede seisoen van The Bachelor SA was sy in die top-6 voordat sy sonder ʼn roos huis toe gestuur is.

Qiniso van Damme is SA se eerste Bachelorette (Foto: M-Net)

Volgens Lombard is Qiniso op ʼn plek in haar lewe waar sy iemand soek om saam mee nes te skop.

“Ek is opgewonde om allerhande verskillende mans met pragtige persoonlikhede te ontmoet,” sê Qiniso. “Ek is op soek na iemand wat nie bang is om hulself te wees nie, wat ʼn wêreldburger is, wat trots is om ʼn Suid-Afrikaner te wees en gewillig is om saam met my te groei. As hy my kan laat lag, sal hy beslis ekstra punte kry.”

Enkellopende mans wat in Qiniso belangstel, kan nou op M-Net se webtuiste inskryf om deel te neem aan Suid-Afrika se eerste The Bachelorette. Inskrywings sluit op 8 Augustus 2020 en verfilming word vir vroeg 2021 beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Maak geen fout nie, ek is nie naastenby ‘n engel nie. Ek gaan seker nou gestenig word oor wat ek skryf en dis goed so. Die wat klippe gooi moet dalk eers dink waarom hulle wil klippe gooi. Ek glo ook in vryheid van keuse, spraak en uitdrukking. Ek moet egter iets van my bors af kry.
Ek kan nie kommentaar lewer oor die werklike inhoud van hierdie en talle soortgelyke programme (werklikheidsreekse) wat op DSTV uitgesaai word nie. Ek kyk nie daarna nie en diegene wat wel daarna kyk, wel dit is u eie keuse. Ek neem aan dis gewild omdat daar soveel variante daarvan beskikbaar is.
Die titels van sommiges laat my wonder oor die moraliteit daar agter sowel as die van die miljoene wat daarna kyk. Elke keer as ek so ‘n titel sien (ook in Afrikaans beskikbaar) dink ek aan veeveilings.

Patches ·

Ek stem met jou saam. Ek kon nog nooit verstaan waarom enige regdenkende mens hulself , ongeag man of vrou, so wil tentoonstel en adverteer nie. Wat het geword van die dood natuurlike en gewone manier om ‘n lewensmaat te ontmoet?

Hippo ·

Ek het van die begin van die Bachelor van haar gehou. Sy is baie oulik.

Niklaas ·

Nie vir my nie , maar honderd duisende gaan daarna kyk en geniet. Hierdie jaar was eintlik al erg genoeg gewees tot dusver.

Elmarie ·

Sy het soveel positiewe karaktertrekke vlg die berig waarom op AARDE op so manier na ‘n maat soek? Ek kyk nie die tipe goed nie en verstaan mie hoekom mense dit wil doen nie. Moet die $$$€ wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.