Engelse nooi sê ‘ja’ vir haar boer

Rèan en Rox-zee (Foto; Instagram)

Een van die kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou se gewildste paartjies, Rèan en Rox-zee, is verloof. Dié paartjie het tydens die 11de seisoen van die reeks ontmoet.

Rèan het die nuus op sy Instagram-rekening bevestig met drie foto’s waar ʼn verloofring aan Rox-zee se vinger blink. “ʼn Klippie vir my nooi …,” het Rèan, ʼn wingerd-en-pekanneutboer op Groblershoop, by dié foto’s geskryf. “Dis tyd dat ek hom van die durbanbox na die groblershoopbox oorsit [sic]. #geringdeduif #hiergatons lief vir jou my ou Rox.”

Rox-zee het gou “ja” gesê: “Absolutely my dear Re. Love you angel,” het sy op Instagram bevestig.

Rèan het vinnig een van die reeks se gewildste boere geword met sy skerp tong en sin vir humor. Hy het kykers laat skater toe hy ná hul eerste vyfminuteafspraak in die Kaap oor Rox-zee, ʼn skoonheidsterapeut en ywerige perderuiter van Durban, gesê het: ‘Sy is mooi, maar sy is Engels.’

Hy het destyds in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê die publiek se belangstelling in sy verhouding met Rox-zee “voel onwerklik”. “Ek het nie gedink dit gaan so wees nie en dit was nooit my bedoeling nie. Ek het my nie voorberei op alles nie, want ek wou net iemand ontmoet.”

Dat mense kritiek gelewer het dat hul verhouding nie sal hou nie, veral oor die feit dat Rox-zee Engelssprekend is, skeel hom min, het hy gesê. “Dit wys jou maar net jy moenie iemand te gou oordeel nie. Mense het baie gou ʼn vooropgestelde idee van iemand. As jy hulle dus verkeerd kan bewys, is dit altyd lekker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Natasha ·

Wonderlike goeie nuus! “Sy is mooi, maar sy is engels en dis moeilik?” julle pas so mooi by mekaar!!

Moppy ·

Baie mooi paartjie dink hul pas mooi by mekaar en dink hul geaardheid maak dit ook mooi saam hul hou van dieselfde dinge saam wat goed is, en nstuurlik n pragtige ring hoop en glo hul gaan baie gelukkig wees en ek se altyd pas mekaar mooi op en bou saam aan jul huwerlik God bless

Louise Van Lelyveld ·

Baie geluk julle twee. Ek is baie bly vir julle. Ek glo julle gaan baie gelukkig wees.

Oujongvrou ·

Baie baie geluk julle twee. Hou net aan met lag en 50 jr vorentoe lag julle nog steeds. Een uit vyf van die boere wat geluk gevind het maak dat ek dit elke jaar weer en weer kyk.

Vonnie ·

God’s rykste sèen oor julle ! Mag jul pad slegs vol roos blare besaai wees. Groot drukkies

Linda ·

Baie Geluk !!! Taal bepaal NIE opregte liefde NIE !!! Jul sal dit maak !!!

Emsie ·

Wat het engels daarmee te doen? Die liefde het nie ‘n taal nie! Ek het 46j gelede met ‘n Belg getrou wat skaars Afr. of Eng. kon praat, en ons is nog saam!

Sanet ·

Dit is maar net wat hyself in een van die episodes gese het…hy is aangehaal :)

Chantal Maciel Pieterse ·

OH WOW dit is absoluut die beste nuus in n langtyd. Julle 2 is so mooi saam “couple made in heaven” …. Baie geluk Reán en Rox-Zee … Weet sommer jul gaan ewige geluk vind in jul nuwe Journey as Man en vrou….

Asjas ·

My eerste gedagte ook. Liefde het nie n taal nie. Geluk aan die paartjie, hoop julle sal vir lank gelukkig wees. Pilare van geluk… LIEFDE, RESPEK, KOMMUNIKASIE!! Rox-zee… Feel free to use Google Translate my dear ??

Kevin B ·

Ek is n english man en het n bore nooi getrou. Almal was skepties, ons is nou 20 jaar gelukkig getroude. Baie geluk vir julle.

Lizelda ·

Hierdie 2tjies pas soos n handsoek bymekaar. So bly vir hulle, hulle is pragtig.

J ·

My Vader was afr en my moeder was Eng gelukkig getroud gewees met 9 pragtige kinders. Tot die dood ons skei. Albei in 1997 oorlede 5 maande namekaar. Hulle rusplekkies is ook langsmekaar.
Mis julle baie.

En nou? ·

Ek het liefde gevind met iemand wat skaars Engels kan praat, nevermind Afrikaans.
Wel, sy kan nou al so bietjie Afrikaans praat! Lol

Speedguard ·

Baie geluk …………. my motto bly egter steeds ” Never advise anybody to go to war or to get married ” !!

Veronika ·

Aaaaaw so bly!! Van die begin af vir hierdie 2’tjies ge-vouch!! Baie geluk!!!

Jozi ·

Liefde, soos musiek, is ‘n taal wat ons almal kan verstaan.
Ons is lankal nie meer daar waar die Boere en die Engelse oorlog gemaak het en so ‘n verhouding totaal en al verbode was nie.
My seun het in 2011 dié oulikste Engelse meisie ontmoet en hulle is na al die jare steeds baie lief vir mekaar.
My beste wense vir ons oulike Boer en sy meisie. Mag jul lewenspad vorentoe geseënd wees!

Susan ·

Wat ‘n pragtige ring! Baie geluk. Leer haar mooi Afrikaans en sy vir jou mooi Engels! Wen-wen kombinasie!

Anita ·

Pragtig Jul pas by mekaar hy is so vol humor enige iemand sal by hom aanpas. Baie geluk Jul tweetjies allies wat mooi is word Jul toegewens

Gesiggie ·

Baie geluk….julle maak ‘n stunning couple. Ons wil deel wees van die Troue. KykNet julle moet dit uitsaai………

Dina ·

Mag jul baie gelukkige jare saam deurbring. Ek dink jul humor is die grootste gemeenskaplike element wat gaan maak dat jul nooit verveeld sal raak met mekaar nie.

Dis mooi ·

? ? Seker die onwaarskynlikste kombinasie ooit, maar so pragtig! Daai troue, kan nie wag nie ❤❤❤

Jo-anne ·

BAIE geluk julle! Mag daar vele geseënde jare vir julle wees xx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.