Episode 11 van ‘Nêrens, Noord-Kaap’: Nederland

Deur Ilza Roggeband

Pa en seun I

Albert Pretorius as Ronnie. (Foto: Verskaf)

Ronnie (Albert Pretorius) kom op die plaas aan en die atmosfeer tussen hom en sy pa, Lourens (Frank Opperman), is baie stram. Lourens ruik onder meer of Ronnie gedrink het en Ronnie sê vir Lourens dat hy nie sy seun boelie nie, wat daarop sinspeel dat hy dink Lourens hom nog altyd geboelie het. Is Lourens se houding teenoor Ronnie as gevolg van die motorongeluk waarin Katja (Tinarie van Wyk Loots) dood is? Lourens vra vir Frans (Geon Nel) dat hy sy testament wil sien. Frans bring dit vir hom, maar hoekom wil Lourens dit hê?

Pa en seun II

Klein Lourens. (Foto: Verskaf)

Klein Lourens (Arnold Swart) is baie bly om sy pa te sien en die twee van hulle gaan kamp vir die aand met die hoop dat Lourens sy eerste bok kan skiet. Tydens ’n gesprek om die kampvuur vra Ronnie vir Lourens of hy geboelie word as gevolg van wat by die swemgala gebeur het. Ronnie vra vir Lourens om verskoning dat hy so baie drink, maar is dit genoeg om hom te laat ophou?

Suzette se verrassing

Klein Lourens en Willem omhels mekaar. (Foto: Verskaf)

Suzette (Daneel van der Walt) is op die plaas wanneer Ronnie en klein Lourens van hulle jagtog kom. Die grootste verrassing wag egter vir Lourens in die sitkamer: Willem (Leo Geldenhuys) het wakker geword uit sy koma en het saam met Suzette kom kuier.

Nederland

Andries (De Klerk Oelofse) en Fleur in Nederland. (Foto: Verskaf)

Andries (De Klerk Oelofse) kom uiteindelik in Nederland aan en gaan na die ligtoring wat op sy ma se koekblik was. Wanneer hy die trappe binne die ligtoring klim, staan Fleur (Melissa Willering) vir hom en wag. Sy gaan saam met hom sodat hy sy Nederlandse ouma en oupa vir die eerste keer kan ontmoet en wag dat hy alleen met hulle praat. Het Andries se reis uiteindelik tot ’n einde gekom? En wat gaan hy met die blikke vol grond maak?

Trap!

Ilse Klink as Maggie. (Foto: Verskaf)

Lourens kom op Andries se nommer af wat Maggie (Ilse Klink) in ’n sak in haar voorskoot gehou het. Hy konfronteer haar daaroor en wanneer sy erken sy het al drie jaar lank die nommer, jaag Lourens haar uit die huis uit. Is dit die einde van Maggie en Jan-Jan se pad op Nêrens?

  • Nêrens, Noord-Kaap word elke Dinsdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Moedeloos ·

Ek kan nog nie agterkom wat is die rede hoekom hul Andries weghou van Lourens af nie. Frans het ook eenkeer oor die telefoon vir Andries gesê sy Pa is buite besig toe hy gebel het. Lourens was in die huis maar hy is nie geroep nie. Is dit omdat hy vir Lourens die meeste na sy vrou laat dink en omdat hy dieselfde geaardheid het as sy. Is dit hoekom Ronnie voel hy was geboelie? Gaan Fleur saam met Andries plaas toe kom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.