eTV groet ‘rowwe manne’ ná 16 jaar

WWE (Foto: Verskaf)

Die televisiekanaal eTV het Vrydag bekend gemaak dat hy vanaf 1 September nie meer die WWE-stoeiprogram sal uitsaai nie.

Marlon Davids, besturende direkteur van eTV-kanale, sê die besluit om nie die kontrak vir dié program te hernu nie, is nie ligtelik opgeneem nie. Die televisiekanaal saai al sedert 2001 die program uit.

“Nadat ons na die hernuwingsmoontlikhede in die kontrak gekyk het, het ons besluit om voortaan eerder te fokus op vermaakprogramme wat die laaste 12 maande begin wys het,” sê Davids.

Hy sê die kanaal is trots op sy groei die afgelope tydperk, en skryf dit grootliks toe aan plaaslike en internasionale drama-, komedie- en realiteitsreekse wat deesdae uitgesaai word.

“Ons is vol selfvertroue dat ons kykers sal aanhou om die kanaal se nuwe rigting te ondersteun, en dat hulle voortaan steeds vermaak sal word deur die vars inhoud wat tans op die kanaal te sien is en wat in die toekoms nóg meer uitgebrei gaan word.”

Talle bekroonde reekse soos How To Get Away With Murder, Empire, Hostages, Ray Donovan, Black-ish en The Fixer is sommige van die programme wat deel is van die kanaal se nuwe programrooster.

WWE op Saterdae en Sondae word vervang met flieks. In weeksdae word dit vervang met House, ’n Amerikaanse mediese dramareeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Goedso ·

…hierdie WWE gemors leer net kinders (en grootmense) om mense met geweld te behandel. Hulle is ongeskik, ongemanierd. Vrouens het geen respek vir hulkeself nie en die mans nog minder vir vrouens.
….en dit is net buite die ring. Binne die stoei kruit is hulle soos diere. Grillerige spul.

Jan ·

Ag nee, selfs my kinders kan sien dis toneelspel-gimnastiek. Fikse akteurs.

lucy ·

Ag nee! Het groot geword met WWF wat later WWE geword het. Dit was lekker vermaak en ons het altyd uitgesien na Wrestlemania, summerslam ens.
Regtig jammer dat na soveel jare nie meer gaan wys nie. Ons gaan dit mis

humor ·

Niks minder as die verdierliking van die mens. n Siellose gespuis.

Johanna Botha ·

Was maar comin en platvloers goedkoop vermaak gewees , regtig bly dis af van die kassie

Lea ·

Dankie tog,nou moet mens net hoop daar word nie sokker in die plek van dit uitgesaai nie. Etv is ook so op datum met alles behalwe Afrikaanse programme…hulle moet bietjie bykom, daars derduisende mense wat Afrikaans praat

Bekommerd ·

Klomp rubbish vir my gewees. Dankie maar ek kyk glad nie etv nie

Kosie ·

En hulle vervang dit met NOG flieks. Flieks werk nie vir my op ‘n televisieskerm nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.