Familiedrama en intrige in Fynskrif

ʼn Nuwe plaaslike regsdrama, Fynskrif, is tans op Showmax te sien. Vergeet maar van Boston Legal en Suits – hierdie regsdrama is spesiaal vir Suid-Afrikaanse gehore geskep.

Die storie wentel rondom die gebeure en personeellede van die regsfirma Van Wyk & Vennote in Kaapstad en omdat die firma op siviele, nie kriminele sake nie, fokus, is daar nie enige hofdrama te sien nie.

Fynskrif fokus egter ook op die personeellede se persoonlike lewens wat oorspoel na die kantoor. Egskeiding, buite-egtelike verhoudings, die rol van die vrou in die werksplek en selfs tieners in die huis is van die hedendaagse kwessies wat aangeroer word.

Hoe die karakters die sake verskillend hanteer is duidelik in die verhouding tussen Hans van Wyk (gespeel deur Chris van Niekerk) en sy seun Ben van Wyk (Neels van Jaarsveld). Ben sê in ʼn stadium vir sy pa: “Sake is mense.” Hans, wat die regsake onpersoonlik hanteer, antwoord hierop: “Dis hoe die reg is. Daar is altyd ʼn koste: een wen, een verloor. En jy beter seker maak jy is die een wat wen. Dis eenvoudig hoe dit is.”

Fynskrif bied telkens ʼn interessante blik op Suid-Afrikaanse wetgewing deur die verskillende siviele sake wat die firma hanteer, waaronder twee kinders wat met geboorte in die hospitaal omgeruil word en ʼn gospelsangeres wat haar eie lewe neem ná kaalfoto’s van haar uitlek.

Maak jou ook gereed vir die mooiste tonele van die Kaapstadse middestad en Stellenbosch en omgewing.

Bekende gasspelers soos Milan Murray, Armand Aucamp, Stian Bam, Illse Roos en Elana Afrika-Bredenkamp hou die episodes vars en opwindend.

Fynskrif spog met bekende gesigte vir Afrikaanse gehore in die hoofrolle: Kim Cloete (Anne Matthews), Edwin van der Walt (Wian Marais), Tinarie van Wyk Loots (Lara Kruger) en Crystal-Donna Roberts (Thandi Ndlovu).

Die volledige eerste seisoen is tans op Showmax te sien – maak seker dit is op jou “móét-sien-lysie”!

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.