FliekNET in Desember saam met Schuster en Kie.

Desember is sinoniem met ontspanning en vermaak en vanjaar is geen uitsondering nie met fliekNET wat van 16 Desember terugkeer na DStv-kanaal 198.

Dié tydelike kanaal bied elke jaar vir fliekvlooie die geleentheid om al hul gunsteling- Afrikaanse flieks te kyk.

Een van vanjaar se fliekNET-hoogtepunte is die Schuster-fliekfees wat op kykers wag. Leon Schuster se immergewilde flieks soos You Must be Joking, There’s a Zulu on my Stoep, Sweet ‘n Short en Oh Schucks, It’s Schuster! word vir die eerste keer op dié kanaal uitgesaai.

Simoné Nortmann en Elize Cawood in 'Vir die Voëls'. (Foto: Verskaf)

Simoné Nortmann en Elize Cawood in ‘Vir die Voëls’. (Foto: Verskaf)

Kykers kan ook uitsien na treffers soos Faan se trein, ‘n Paw Paw vir my darling, Mooirivier, Pad na jou hart, Klein Karoo, Vir die voëls, Vaselinetjie, Treurgrond en Noem my Skollie. Daar is selfs iets vir die jongspan – met flieks soos Khumba, Heidi, Die sneeukoningin, Maya die by, Jou Romeo, Die pro en Strikdas.

Die goue oues word nie agterweë gelaat nie – Die Sstorie van Klara Viljee, Katrina, Liefste Madelein, Ma skryf matriek en Agter elke man is slegs ʼn paar van die titels wat gesinne saam kan geniet.

Kry solank die springmielies gereed en die gesin bymekaar vir flieks vir jonk en oud op fliekNET, DStv- kanaal 198 van 16 Desember tot 6 Januarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sonja coetzee ·

Dis altyd n hoogtepunt om Flieknet te kyk hulle moet meer “ou” flieks wys!!Mis dit vir niks!!Baie dankie Flieknet!!!!!

Ann ·

Ek hoop regtig dis hierdie keer op al die pakette beskikbaar!

Sandra Pretorius ·

Elke jaar dieselfde ou flieks oor en oor en oor.

thea ·

dieselfde ou flieks van verlede jaar en die jaar daar voor
ag n nee, daar is so veel nuwe afrikaanse flieks, ja hou van die ou flieks
maar nie elke jaar dieselfde nie, en schuter flieks stok oud honderd keer op SABC
KRY LEWE DSTV

Mnr x ·

Al dfliek was verlede jaar ook uigesaai en elke Saterdag aande ook. So weereen herhalings op KykNet weer. Geldmors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.