Foto’s: ‘7de Laan’-akteur word binnekort pa

Die paartjie het foto’s van hul fotosessie, wat in Maboneng Precint in Johannesburg geneem is, met aanhangers gedeel om dié nuus te vier (Foto: Detoi Photography)

Die 7de Laan-akteur Theodore Jantjies en sy vriendin, Tammy van der Merwe, verwag hul eersteling.

Die paartjie het dié nuus Vrydag op sosiale media bekend gemaak.

“ʼn Pragtige avontuur wag op ons,” het Jantjies op Instagram laat hoor.

Van der Merwe het in ʼn inskrywing op Instagram gesê sy is 35 weke swanger. Sy sê die laaste jaar saam met Jantjies was ʼn “avontuur”.

“Toe ek jou die eerste keer gesien het, het ek geweet ʼn avontuur wag op ons – en wat ʼn ongelooflike avontuur was die laaste jaar nie. Ek is so dankbaar vir ons ongelooflike familie en vriende wat dié pad saam met ons gestap het en vir al die liefde en ondersteuning wat ons ontvang het. Ons harte loop oor van blydskap,” het sy geskryf.

Die paartjie het foto’s van hul fotosessie, wat in Maboneng Precinct in Johannesburg geneem is, met aanhangers gedeel om dié nuus te vier.

Jantjies is veral bekend vir sy rol as Xander Meintjies in 7de Laan – ʼn rol wat hy al sedert 2008 vertolk. Hy is vroeër vanjaar vir ʼn Huisgenoot Tempo-toekenning vir dié rol benoem.

Die paartjie se eersteling sal na verwagting in Januarie volgende jaar gebore word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie ·

Zander is besig…eers Bonita en nou sy vriendin…lol :-) Baie geluk mag die kleinding vir julle baie vreugde bring xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.