Foto’s: ‘Binnelanders’ se skattige Vicky laat hare waai

Roxanne Bornman het haar lang, dik poniestert afgesny. (Foto: Verskaf)

Roxanne Bornman, die skattige 11-jarige aktrise wat die rol van Vicky de Beer in Binnelanders vertolk, het in Vrydagaand se episode haar lang, dik bos hare afgesny om die oorlede karakter, Elana, te vereer.

Kykers van die gewilde kykNET-sepie het Vrydagaand hard aan die trane gesluk toe Vicky haar ooms, dr. Steve Abrahams (Clint Brink) en dr. Conrad Bester (Hykie Berg) verras het met ʼn nuwe, korter kapsel.

Die rede vir die drastiese sny: Sy wou haar oorlede tannie Elana (Ilne Nienaber) vereer. Elana het regdeur haar tyd by Binnelanders ʼn kort, donker kapsel gehad.

“As sy nou vir haarself in die spieël kyk, gaan sy haar tannie kan sien,” sê Ernst Swart, publisiteitsbestuurder vir Binnelanders oor dié gedaanteverwisseling.

Elana is in Junie vanjaar dood nadat haar organe in ʼn fratsongeluk by die hospitaal skade gely het.

Swart vertel die besluit om haar hare te sny was klein Roxanne se eie idee nadat sy en haar tweelingsussie, Danielle, begin swemlesse neem het.

“Dit maak dinge makliker vir albei meisies wanneer hulle in en uit die swembad is, want die hare word vinniger droog,” verduidelik Swart.

Die oomblik toe Roxanne Bornman, wat die rol van Vicky de Beer speel in die reeks, se hare gesny is. Wat dink julle van die eindproduk?

Posted by Binnelanders on Friday, September 10, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
AmY

Sy is soooo pragtig.
En die nuwe haarstyl is baie mooi.

Belinda

Hoop die hare word aan CANSA geskenk.