Foto’s: Bobby en Karlien, ‘rou en eerlik’

Bobby en Karlien: In jou skoene (Foto: Media Update)

Bobby en Karlien: In jou skoene (Foto: Media Update)

Dié broer en suster tel onder Suid-Afrika se gewildste bekendes en nou kan aanhangers vir die eerste keer in die geskiedenis van Afrikaanse televisie die sangers Bobby en Karlien van Jaarsveld se doen en late volg in ʼn splinternuwe reeks op VIA, Bobby en Karlien: In jou skoene.

Dié werklikheidsreeks van 13 episodes gaan ʼn “rou en eerlike” blik op dié sangers gee.

In Bobby en Karlien: In jou skoene word albei uitgedaag om op avonture te gaan wat hulle nog nie voorheen beleef het nie – dit alles terwyl ʼn kamera konstant op hul spoor is.

Karlien word onder meer uitgedaag om vir twee dae haar glansryke lewe te groet en tyd deur te bring in Elandspoort naby Danville – ʼn gebied waar grootliks minderbevoorregtes woon. Hier moet sy haarself en die mense saam met wie sy woon voed vir slegs R100 per dag. Later in die reeks neem sy ook  ʼn taxi om ʼn naweek in die skoene van haar huishulp te staan.

Bobby word deur sy pa uitgedaag om aan te sluit by ʼn renosterbeskermingsgroep.

Bobby en Karlien: In jou skoene (Foto: Facebook)

Bobby en Karlien: In jou skoene (Foto: Facebook)

“Al die emosies wat ek nog ooit beleef het, word saamgevat in dié reeks. Ek dink die reeks gaan mense se harte aanraak. Ons gaan stap in die skoene van ander. Julle gaan lekker lag, harte gaan aangeraak word en daar gaan verseker ʼn paar trane wees. Dit het beslis my lewe verander,” het Bobby aan Media Update vertel.

Karlien meen aanhangers sal vir die eerste keer die geleentheid kry om die sangers werklik te leer ken – sonder die glans en die verhoog. “Dit is een van die beste goed wat ek tot nog toe in my lewe gedoen het. Dit het my net weer herinner wat werklik belangrik is. Dis werklik spesiaal,” het sy gesê.

Izelle Venter, VIA se kanaalhoof, meen kykers gaan die reeks baie geniet. “Bobby en Karlien is so bekend aan ons kykers soos rugby en braai. Nou kry kykers vir die eerste keer die geleentheid om die sangers se ervarings eerstehands te beleef.”

Bobby en Karlien: In jou skoene begin op Woensdag 11 Januarie op VIA, DStv kanaal 147. Die eerste episode is ʼn uur en ʼn half waarna 12 ander uurlange episodes elke Woensdag daarna volg.

Vir meer inligting besoek VIA se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

eksemaarnet ·

Nee wat Karlien ….jy sal dit NOOIT maak as jy in my skoene moes staan nie….Die mense se lewe is nie net eendag nie…maar jare en jare ..n leefwyse….en jy is iemand wat maklik moed opgee as dinge te moeilik raak.

Denise ·

Ek verstaan nie wat hulle wil bewys met dit wat hulle doen nie duisende wit mense leef so elke dag van hulle lewe en dit is niks snaaks om n taxi te vat nie ek het elke oggend vyf uur langs die pad gewag vir n taxi om my werk toe te vat!!!! Ek se maar net !!!

EvW ·

Moet maar swaar wees om iets te wil wees wat jy nie kan wees nie……

Marna ·

Ag assblief! Kom sy nie agter mense is al moeg vir haar en haar aangeplakte stories nie. Sy is soos disco ligte, aan..af..aan..af. Eers soek sy privaatheid, die volgende smeer sy haarself aan al wat media is af.

Ben Esterhuizen ·

Ai siestog….. SA musiekbedryf se twee hansworse word weereens opgehef na ‘n kunsmatige vlak van TV absurditeit toe! Wonder nogal watter aspek van hulle bestaan sal volgende aan die publiek afgesmeer word?

cor ·

Wat sal hulle nog doen om in die kalklig te bly, kry hulle so jammer hulle het seker nie genoeg aandag as kinders gekry nie nou probeer hulleop enige manier aandag trek. Ai tog.

Ivorine ·

OMW nou wil hulle ook Kaedashian speel, asof die Davidse nie destyds genoeg was nie. En dan kla sy oor fotos van haar kinders op die web. Sy is goedkoop en dis die einde. Ek kan Bobbie nog verduur.

Anoniem ·

Ja en na die reeks keur hulle weer lekker terug na ‘n lewe van rykdom en gemak met ‘n lekker vet bankrekening van die betaling wat hulle ontvang het van die reeks terwyl die mense in wie “se skoene hulle kastig gestaan het vir een of twee dae” nogsteeds voort sukkel en aangaan met hulle lewe, as die twee werklik wil wys hulle gee om moet hulle helfde van hulle salaris opoffer wat hulle ontvang uit die reeks uit en aan die mense wie hulle besoek gee, dit sal meer harte gryp as ‘n valse weergawe van omgee waar selfveryking nogsteeds nagestreef word.

anon ·

sal haar n dag in my skoene wil sien sy verstaan glad nie wat swaar kry beteken ni as kind het ons bitter swaar gekry vdag weet ek wat dit beteken so karlien kom ons kyk of jy weet wat swaar kry beteken

Tanya van Zyl ·

Wonder of een van julle weet wat hulle agter grond is en waar hulle vandaan kom en hoe hulle kinder lewe was? Julle almal judge hulle maar weet julle werklik waar en met wat hulle daagliks besig is om hulle medemense te help? Dis snaaks dat julle so baie oor hulle te se het en hulle julle eintlik pla maar het julle nie 2 keer gedink om die artikel te lees of video te kyk nie. Dink julle is almal net jaloers en sal julle wat wil gee om een dag in hulle skoene te wil loop. Ek dink dis ‘n goeie program, dit wys jou hoe ons mede mense elke dag moet lewe en oor die weg moet kom met net die basiese dinge in die lewe. WELL DONE JULLE TWEE.

Carel ·

Los die mense tog uit – en bere die gif penne – so tipies van ons Afrikaners – gun nie die son oor die ander skyn nie.

Joe ·

Ai tog genade …. alweer die van Jaarsvelds …. het hulle niks beter om te doen as om net aandag te soek nie !! So siek & sat vir die familie , pleks dat hulle eerder ‘n low profile hou & laag le !!! Mens sal sweer hulle is glinsterende “celeberties” , maar tog is hulle net gewone mense wat aandag trek & soek ! Baie kinderlik & hulle is nog nie groot nie , word tog net groot asb!!

Koos ·

Bobby is ‘n oulike ou. Hy kan nie kies wie sy suster is nie…..

Sêookmaarnet ·

Sal graag n dag in Karlien se skoene wil staan…pamperlang galore…iemand wat heeltyd na die kinders omsien……geld te kry deur in die stort te sing…..ek sal dalk net swaar kry om so min te eet.

Denise ·

T – man dit is net soos jy daar se absoluut 100% die waarheid !!! Daar is duisende mense wat ander elke dag help maar jy hoor nooit van die goeie mense nie hulle doen dit sonder sensasie en met LIEFDE sonder om iets terug te verwag!!!!

Gertman ·

Ek stem teen almal saam met Tanya Van Zyl.
Op ‘n afstand is dit sleg om te sien hoe jaloers mense kan wees, jitte tog mense gee hulle krediet, hulle het bereik wat baie nie het nie en sekerlik graag sal wil. Almal het geraamtes, ongelukkig word hierdie 2 s’n uitgeblaker orals want hulle is juis “celebrities”, of is almal engeltjies op hierdie blad!

linda ·

Karlien hoekom spandeer jy nie liewer die tyd aan jou seuns nie. Vra maar net

Maria Van Dieweeck ·

Mens kan sien Kersfees kom, dis net ‘shows’ (kan nie die woord verduur nie!) en albums…

Denise ·

Gertman ons is almal gelukkig met wie ons is daarom kan ons kommentaar lewer en hoekom nou jaloers wil wees op wat??? Wat maak jou so n engeltjie om ander te wil oor deel !!! As jy so vermakerig wil wees moet jy dit wat saam met dit kom kan hanteer!!! Soos ek gese het!!! LOL!!!!

Rina ·

Het die mense niks beter om te wys nie……spaar my die sage………ons wil nou soos die Kardashians word, shame

ai ·

Rina ek dink amper die K’s is beter…. sal liewer na daardie circus wil kyk…

Nicky ·

Die twee word so in mens keelgat afgedruk. Ek koop nie eens meer n tydskrif as daar n artikel oor hulle is nie. Hoekom dink die media stel ons in hulle doen en late en gesinne belang

mariaan ·

Pleks sy liewer vir ń dag in Derek Hougaard se skoene probeer staan. Sy vrou wat hom sommer net so los vir ń ander en al reeds weer op trou staan. Sy moet sommer ook ń dag afstaan en bietjie dink hoe haar twee seuntjies hulle pa mis wat hulle nie meer elke dag sien nie.

Nan ·

Dankie tog ek hoef dit nie te kyk nie! Ek is moeg vir die van Jaarsvelds

Jaco Prinsloo ·

Ag nee wat koop net die huisgenoot. Daar is LETTERLIK elke week iets in van hom en/of sy suster! Ons noem dit al die Vanjaarsveldgenoot! lol!!

Soetpatat ·

Maar die hare en make up word steeds gedoen…gee eerder die produksie se geld aan die mense waarmee jul wil “”vereenselwig”, “glitz and glam” beskryf nie ons “celebs” nie, hul het geld nodig.

AmY ·

Liefste Karlientjie: Jy sal dit nie eens ‘n dag in my skoene maak nie. Ek daag jou uit. Ons lewe op minder as R20 ‘n dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.