[Foto’s] Boer Hennie en sy Jacobu deel troufoto’s

Boer Hennie en sy Jacobu deel troufoto’s ((Foto: Lynelle Pienaar Fotografie)

Boer Hennie Lötter van die negende reeks van Boer soek ʼn vrou en sy “onverwagse liefde”, Jacobu Muller, het vandeesweek hul troufoto’s gedeel nadat hulle vroeër in Oktober afgehaak het.

Hennie en Jacobu het talle aanhangers van dié reeks in Januarie vanjaar aangenaam verras. Jacobu het aanvanklik ingeskryf vir boer Arno, maar dié twee het aan die einde van die reeks aangekondig dat hulle voortaan net vriende sal wees.

Lötter, ʼn veeboer van Willowmore in die Oos-Kaap, het ook nie aanklank gevind met enige van die vroue wat vir hom ingeskryf het nie en het gesê sy verhouding met Jacobu is “onverwags, onbeplan, maar amptelik”.

Die paartjie het vroeër vanjaar aan Maroela Media vertel dié verhouding het glo vlamgevat ná Jacobu ʼn pakkie vir Hennie op sy pa se plaas moes aflewer. Sy het glo vir hom ʼn boodskap gelos, en nadat hulle begin gesels het, het die liefdesvlam begin brand.

Die paartjie het in Junie hul verlowing bevestig. “Sy het gevra en ek’t ja gesê … dat ek belowe ek sal haar hart mooi oppas vir altyd!” het Hennie by ʼn foto van hulle geskryf.

Die tiende seisoen van Boer soek ʼn vrou het op 12 Oktober op kykNET begin.

Die foto’s is met vergunning van Lynelle Pienaar Fotografie geplaas. Vir meer inligting, besoek Lynelle Piener Fotografie se Facebook-blad en webwerf.

Lees meer oor Boer soek ʼn vrou  op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.