[Foto’s] ‘Boer soek ʼn vrou’ se “onverwagse” verliefdes deel verlowingsfoto’s

Boer Hennie en Jacobu (Foto: Lynelle Pienaar Fotografie)

Sy het ogies gemaak vir ʼn ander boer en toe later van plan verander, en hý kon nie daarin slaag om liefde te vind op die kykNET werklikheidreeks Boer soek ʼn vrou nie. Maar tóé, ná die reeks, vind hulle mekaar, en dit was “onverwags en onbeplan”, soos boer Hennie Lötter daarna verwys het.

Boer Hennie van die negende reeks van Boer soek ʼn vrou, en sy aanstaande, Jacobu Muller, het vandeesweek hul pragtige verlowingsfoto’s op sosiale media gedeel.

Dié paartjie het aan die begin van Juniemaand verloof geraak.

“Dit was die manier wat jy gelag het… Ek het geweet ek wil daai lag in my lewe hê,” het hy by een van die verlowingsfoto’s op sosiale gesê. “Hulle sê om haar verlief te laat raak, moet jy haar laat lag. Maar elke keer as sy lag, is ek die een wat verlief raak.”

Die paartjie het in Januarie vanjaar die publiek verras met die aankondiging dat hulle “onverwags en onbeplan” liefde by mekaar gevind het. Hennie, ʼn veeboer van Willowmore in die Oos-Kaap, het nie liefde by een van die meisies gevind wat hy saamgeneem het plaas toe nie.

Jacobu het aanvanklik ingeskryf vir boer Arno, maar dié twee het aan die einde van die reeks aangekondig dat hulle voortaan net vriende sal wees.

Die foto’s is met vergunning van Lynelle Pienaar Fotografie geplaas. Vir meer inligting, besoek Lynelle Piener Fotografie se Facebook-blad en webwerf.

Die jongste seisoen van Boer soek ʼn vrou is binnekort op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

Lees meer oor Boer soek ʼn vrou  op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mamma M ·

So so mooi. Jy sien die opregte liefde in altwee se kyke na mekaar. Hulle hoort saam………

Lizelda ·

Mal oor d paartjie. N Mens kan sien julle is werklik gelukkig. Ek wens julle alles wat mooi is vd toekoms.

Wouter ·

Oulike paar Ek skryf sommer n boek “Spankel en die plaas Uncle”

Thia Strydom ·

Jul albei se gesigte spreek boekdele. Lief jul albei se lag !! Jul pas perfek bymekaar <3 xxx

VanAfrika ·

As dit nou nie vir Boer soek n Vrou was nie het hulle mekaar nooit ontmoet nie. Hierdie chemistry is real.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.