[Foto’s] Boer van eerste ‘Boer soek ʼn vrou’-reeks vind liefde

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Hy mag dalk nie liefde gevind het in die eerste seisoen van kykNET se gewilde Boer soek ʼn vrou-werklikheidsreeks nie, maar boer Tiaan van Cradock het byna tien jaar later sy trouvrou op Queenstown in die Oos-Kaap ontmoet.

Tiaan Naudé (43), ʼn boer van Cradock, het Donderdag aan Maroela Media vertel hy is in die wolke nadat hy en sy vrou, Alet (34), op 17 Junie getroud is.

Die egpaar het mekaar einde Julie verlede jaar ontmoet.

“Gemeenskaplike vriende wou ons aan mekaar voorstel, toe dink ek, ek wil haar liewer self ontmoet,” vertel hy. “Ek het toe Queens College toe gery waar sy werk as biokinetikus om haar te gaan ontmoet en myself voor te stel.”

Dit was liefde met die eerste oogopslag en die egpaar het op Kersdag verloof geraak.

“Ek het voor die kerkdiens in haar pa se kantoor ingegaan en hom gevra of ek met sy dogter mag trou. Ná die diens het ons geskenke oopgemaak – die ring was een van die geskenke, en sy het ja gesê,” vertel hy.

Tiaan sê hy het baie gegroei sedert sy deelname aan Boer soek ʼn vrou nege jaar gelede.

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

“As ek daardie tyd getrou het, sou dit dalk ʼn fout gewees het. Dit is juis daarom goed dat dinge uitgewerk het soos dit het, want op 17 Junie het ek met die vrou van my drome getrou, en ek was nog nooit so gelukkig nie.”

Die egpaar woon nou op Tiaan se plaas naby Cradock. Hy hoop ʼn gesin is in hul nabye toekoms.

“Ons sal maar sien wat die Here vir ons beplan het, maar ons hoop om kinders te hê.”

Raad vir boere wat aan die nuwe reeks gaan deelneem? “Los jou vooropgestelde idees by die huis. Geen mens is perfek nie. Wanneer jy iemand liefkry, sal jy hom of haar liefhê mét sy of haar foute.

Hierdie foto’s is met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography gepubliseer. Vir meer inligting, besoek die Peartree Fotografie-webwerf of Facebook-blad.

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

Boer Tiaan (43) van Cradock en sy Alet (34) trou (Foto: Met vergunning van Wil Punt van Peartree Photography)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Yvonne ·

Van die mooiste fotos! Baie geluk en mag jul huwelik geseend wees.

Justice ·

Die laaste foto is ongelooflik mooi en in `n klas van sy eie. Baie geluk aan julle twee!

Liza101 ·

Stunning! Pragtig! Baie geluk en seen word julle toegewens!

Hannelie ·

Ek is so bly vir hom. Hulle het pragtig gelyk…..jy kan die trane in sy oë sien. Geluk julle twee.

Anita Celliers ·

Wonderlike terugvoer aan ons almal wat so graag na die betrokke program kyk! So sorg die Here vir elkeen van ons Alle boere (beroepe) en moontlike meisies / mans wat hulle graag wil ontmoet, bly biddend vir die Here……vir die regte lewensmaat……aanvaar elke persoon soos God hul geskape het en moet nooit probeer om iemand na jou wense te probeer verander nie! God het reeds die perfekte lewensmaat vir jou in plek as HY eers / reeds jou belangsrikste Maat (met respek gese) is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.