Foto’s: Daar is ‘n nuwe man in Bridget van ‘The Bachelor’ se lewe

Kobus en Reniel Hugo in sy rugby dae (Foto Instagram)

Bridget Marshall, die blondekop reisagent wie se hart aan die einde van Marc Buckner se seisoen van The Bachelor SA gebreek was, het Saterdag sosiale media gaande gehad toe sy ʼn foto van haar en die nuwe liefde in haar lewe gedeel het.

Marshall het ʼn foto van haarself saam met Kobus de Kock (32), die voormalige rugbyspeler, gedeel met die onderskrif: “En toe was daar jy.” Sy het ook hutsmerke soos #foundhim #sohappy #itjustworks en #couplegoals gebruik.

De Kock is ʼn kranige rugbyspeler wat voorheen vir die Haaie en die Goue Leeus gespeel het. Hy het ook ʼn seisoen lank in Italië rugby gespeel. Op Instagram pronk hy saam met bekendes soos die televisie-persoonlikheid Ricky Schroeder, Bismarck du Plessis, Bouwer Bosch en sy bekende aktrise-niggie Marguerite van Eeden.

Kobus saam met sy aktrise-niggie Marguerite van Eeden (Foto: Instagram)

Dit kom voor of die paartjie mekaar al vir ʼn tydjie sien aangesien Marshall verlede maand al ʼn foto van haar met ʼn rooi roos op Instagram gedeel het met die hutsmerk #fallinginlove.

Ander The Bachelor SA-deelnemers soos Gina Myers, Jozaan Dique, Kelly Tiegan en Parushka Moodley het almal kommentaar gelewer op dié plasing wat sedert Saterdag meer as 10 000 trefslae gekry het.

Terwyl die liefde vir Marshall blom, het Maroela Media vroeër berig dat Marc en Marisia se paaie na ʼn paar maande saam geskei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yolandi

Ek is baie bly vir jou.. Jy verdien AL die geluk en liefde! Jy was immers my gunsteling in die program :-)