[Foto’s] Die wenner van die Maroela Media/Showmax-kompetisie is…

Die wenner van die Maroela Media/Showmax-kompetisie is pas aangewys.

Lesers wat oorsee woon, moes ʼn foto van hul gunstelingplek oorsee aan ons stuur wat hulle spesifiek laat terugverlang na Suid-Afrika. Die sluitingsdatum was 31 Julie 2017.

Vyf lesers wen elk ʼn ses maande gratis inskrywing op Showmax en ʼn familielid in Suid-Afrika, wat hulle van dié kompetisie in kennis gestel het, wen ʼn splinternuwe iPad.

Baie geluk aan die algehele wenner, Friedrich von Solms met sy foto van die Lüneburger-heide wat hom laat dink aan die Overberg se renosterveld.

Natasha Tolken, Marna Earle en Lydia Brits wen ook elkeen ʼn ses maande inskrywing op Showmax.

Janey Koch in Suid-Afrika, wat Azaria Mcbride oor die kompetisie in kennis gestel het, wen die iPad. Janey wen ook self ʼn ses maande inskrywing op Showmax.

Showmax bied duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

Algehele wenner van die 6 maande Showmax-inskrywing:

Friedrich von Solms
Die Lüneburger Heide, my mens- en honde-seuns. Die toneel kon net so wel in die Kaap, veral die Overberg se renosterveld gewees het.

Foto: Friedrich von Solms

Nog wenners van die 6 maande Showmax-inskrywing:

Natasha Tolken
Viëtnam-lekkerny: sop (nie net in die winter), insekte en troeteldiere. Met sewe maande agter die rug mis ek elke dag Suid-Afrikaanse kos. ‘n Vleisie op die kole, die plaas se warm bakbrood. Dan praat ek nie eers van biltong en Ouma beskuit nie. Om my siel te voed en verlange minder te maak sit ek graag buite in die tuin en geniet ‘n bak melkkos. Net soos my ma, ouma en oumagrootjie dit altyd sou maak. Met elke happie dink ek terug aan die wat ek lief het. Vir ‘n oomblik is ek terug, by die huis. Ons vir jou Suid-Afrika. Ek verlang na jou.

Foto: Natasha Tolken

Foto: Natasha Tolken

 

Marna Earle
(Devon, Engeland) Familiedae-fietsry langs kanale en landerye terwyl Pappa en sussies roei in die kajak. Ons maak die beste van die buitelewe terwyl die weer dit toelaat! Die tweede foto is staproetes langs die Devon-kus met familievakansies. Dit laat ons altyd huis toe verlang na seevakansies in die Tuinroete-omgewing.

Foto: Marna Earle

Foto: Marna Earle

 

Lydia Brits
Ek het lank gewonder wat om te stuur – hier is regtig baie mooi plekke in Nieu-Seeland en baie gunstelingplekke. Maar uiteindelik is mens se gunstelingplek maar saam met jou familie en geliefdes, maak nie saak waar dit is nie. Nou ja, toe stuur ek vir julle hierdie foto waar ek lekker op my dogtertjie se bed lê en klets op die telefoon met my ma in Suid Afrika, want ek het gedink dit weerspieël iets meer persoonlik. Dit laat my altyd baie verlang want ek wens ek kan net gou-gou gaan kuier. Maar ‘n telefoonoproep is darem ‘n troos. Hierdie foto is al in 2014 geneem. Toe was Showmax nog nie eens beskikbaar nie. Nou gesels ek en ma éérs lekker want ons kan al die programme ook bespreek.

Foto: Lydia Brits

Die wenner van die iPad in Suid-Afrika is Janey Koch. Sy het Azaria Mcbride oor die kompetisie in kennis gestel. Só het Azaria geskryf: Ons verlang vreeslik na ons gunsteling rugbyspan hier in Seattle, Washington! American football is maar net nie die selfde nie…

Foto: Azaria Mcbride

Foto: Azaria Mcbride

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.