Getroud met Rugby het onlangs aangekondig dat die tydgleuf waarin dié sepie op die kassie te sien is, binnekort sal skuif.
Die akteurs en aktrises het ook saamgespan om ʼn Getroud met Rugby-liedjie saam te stel en sing self dié liedjie.
Getroud met Rugby het Dinsdagaand hul tiende verjaarsdag tydens ʼn spoggerige geleentheid by die Four Seasons Hotel Westcliff in Johannesburg gevier. ʼn Hele rits huidige en voormalige Getroud met Rugby-sterre het dié geleentheid bygewoon.
Altus Theart, wat die rol van Fafa Beltrami vertolk, het as seremoniemeester vir die aand opgetree en het met die gehoor gepraat oor Maandag 29 September 2008 toe die kameras vir die eerste keer op die stel van dié sepie begin rol het.
Karen Meiring, die uitvoerende hoof van kykNET, het die aankondiging gemaak dat dié gewilde sepie nie meer om 21:00 te sien sal wees nie, maar eerder om 18:00.
“Dit is my verrassing vir die aand: Getroud met Rugby is ʼn wenner en daarom het ons die vrymoedigheid om die tydgleuf daarvan aan te pas. Getroud met Rugby sal van 1 Julie af om 18:00 op weeksdae op kykNET uitgesaai word,” het sy gesê.
“Die skuif is om spitskyktyd op kykNET af te skop. Ons is almal baie opgewonde hieroor en ons weet dit gaan die kykersyfers opstoot na verdere hoogtes toe.”
Die sterre van Getroud met Rugby het nóg ʼn verrassing vir die gehoor gehad toe hulle spontaan ʼn nuwe liedjie vir dié sepie begin sing het.
Theart (Fafa), Johan Scholtz (Schalk), Marlee van der Merwe (Kristien), Kate Roothman (Anna), Stephanie Baartman (Bibi), en David Johnson (Liam) het almal hul plek agter die mikrofoon ingeneem om “Die final” te sing. Die lirieke van die lied is deur Deon Opperman en Sean Else geskryf terwyl die musiek deur Janine Neethling gekomponeer is. ʼn Musiekvideo van dié liedjie sal binnekort beskikbaar wees.
Deon Opperman, die skrywer van die sepie, het gesê dat hy tien jaar gelede saam met sy vorige vrou, Hanlie, aan die idee vir Getroud met Rugby gedink het.
“My lewe is diep deur die program geraak. Maar dit is vir my verstommend hoeveel die program ander mense ook geraak het. Ons het nooit gedink dit gaan meer as die eerste seisoen se 26 ure se lugtyd kry nie, maar toe word ons net weer hernu, en weer en wéér,” het Opperman gesê.
Oor Getroud met Rugby se inhoud het Opperman gesê hy hou daarvan om riskant te wees daarmee, en dat Afrikaners eintlik baie meer waaghalsig is as wat mense dink.
ʼn Paar leidrade van wat in die volgende seisoen van dié sepie sal gebeur, is ook by dié geleentheid in ’n voorskou verklap.
Die feeks van die program, Kristien Smit, gespeel deur Marlee van der Merwe, het nog ’n paar geraamtes in die kas. Haar sondes begin haar stadig maar seker inhaal.
Reitz Bekker wil ’n nuwe koers inslaan. “Ek dink ek gaan ophou met rugby,” sê hy in die voorskou.
Die afrigter van die Stryders, Schalk, is ook in ’n nuwe fase van sy lewe. Hy is op soek na ’n nuwe liefde.
Kykers kan ook ’n troue/verlowing in die nabye toekoms verwag wat beskou word as die “troue van die jaar”. Die inligting wat hier verklap kan word, is dat dit een van die Stryders is wat op trou staan.
Dit wil ook voorkom of ʼn moord onder die Stryders-gemeenskap gaan plaasvind. In ʼn skoot van Schalk sê hy: “Die polisie is op die perseel, hier was ’n insident op ons perseel”. In ʼn ander skoot sê iemand ook “Jy gaan nie rus totdat jy betaal vir wat jy gedoen het nie” en “Jy gaan nie hiermee wegkom nie”.
- Anel Alexander, Corinne du Toit en Sandra Vaughn. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Zetske van Pletzen en Altus Theart. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Schalk en Mandi Baard. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Sean van Noordwyk. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Armand Aucamp. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Leah en Willem Botha. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Carla en Sean Else. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Pierre Breytenbach. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Stephanie Baartman. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Stefan Vermaak. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- David Louw. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Ansu Visser en Melissa Willering. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Vaughn Lucas. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Marlee van der Merwe. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- David Johnson en Bianca le Grange. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Adrian Steyn. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Elzabe Zietsman. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Kate Roothman. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Op ‘Getroud met rugby’ se 10de verjaarsdagvieringe. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Rina Nienaber. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Johan Scholtz. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Deon Opperman. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Christel van den Bergh. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Hanna Grobler. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Stiaan Smith. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- David de Villiers en Nadia Beukes. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Jocelyn Broderick. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Hannon Bothma en Julius Swart. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Leandie du Randt en Je-Ani Swiegelaar. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Charlie en Anré Bouguenon. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Hardus van Deventer en Cindy Swanepoel. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- André en Juanita Velts. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Schalk en Mandi Baard. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Anel Alexander, Corinne du Toit en Sandra Vaughn. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Leah en Willem Botha. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen in Mei vanjaar. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Marlee van der Merwe. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- David Johnson en Bianca le Grange. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Elzabe Zietsman. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Franci Swanepoel. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Hannes Müller. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Johnny Potsanyane. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- David de Villiers en Nadia Beukes. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Weslee Swain Lauder en André Odendaal. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Louis van Niekerk. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- André en Karin Retief. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Leandie du Randt en Je-Ani Swiegelaar. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Charlie en Anré Bouguenon. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- Hardus van Deventer en Cindy Swanepoel. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
- André en Juanita Velts. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Dankie vir die geleentheid…Ek sal graag wil weet waarom KYKNET nie n pyling hou oor watter tyd vir kykers die beste is nie, om 18,00 te begin met Getroud vir Rugby, is die verkeerdste tyd ooit……Mamma’s en Pappa’s stap dan omtrent eers by die huis in….Daar moet kos gemaak word…en skoolwerk gedoen word…..GANS EN AL TE VROEG…!! Omgewing van 7…..7.30 meer n geskikte tyd…(Probeer gerus maar jul tyd…maar ek weet ek gaan dit baie mis)
Hoekom skryf mense met kolletjies………. waar kom julle aan die gewoonte?……… Help my, wat beteken dit of beteken dit dat die gepaste woorde die skrywers ontbreek……..? Hoekom irreteer dit my so grensloos……….??
Ons het nie DSTV nie dus ken ek nie die reeks nie maar dit was nou baie lekker om van die ou bekendes weer te sien.
Wereldklas snert. As die naampies eers faffa, blits ens is kan jy vir jouself aflei hoe vlak die tipe snert regtig is.
Nou moet ons kinders blootgestel word aan hul orige tonele. Hul het juis gesê hul wys dit later oor dit nie vir kinders is nie.