[Foto’s] ‘Getroud met rugby’-akteurs soos jy hul nog nooit gesien het

Die Getroud met rugby’-karakters het hulle onlangs in skreeusnaakse uitrustings opgetooi vir ʼn storielyn in dié sepie (Foto: Empire Fotografie)

Aanhangers van die gewilde kykNET-sepie Getroud met Rugby is gaande oor foto’s van karakters in dié sepie wat hulle onlangs in skreeusnaakse uitrustings opgetooi het vir ʼn liefdadigheidsgeleentheid wat deel van dié storielyn gevorm het.

Toe Potties – die fiktiewe kroeg in die sepie – geldprobleme ondervind het, was daar vir die karakters geen ander keuse nie as om dié finansiële penarie met ʼn liefdadigheidsgeleentheid die nekslag toe te dien.

Die karakters was onder andere te sien as Shrek en Fiona van die fliek Shrek, die Mad Hatter van Alice in Wonderland en die Phantom van The Phantom of the Opera.

“Gideon sʼn was die beste – regte ou Shrek,” het Anna-Marie Butcher op sosiale media laat hoor. “Shrek vat beslis die koek! Baie oulik,” het Laura Louw geskryf.

Die Getroud met Rugby-akteurs is vanaf einde vandeesmaand in talle verrassingsverskynings by die Afrikaans is Groot-konsertreeks te sien waar hulle agter-die-skerms-onderhoude met die sangers gaan voer.

Getroud met Rugby is elke weeksaand om 18:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

Die akteurs is aangetrek deur Hollywood Costumes. Die foto’s is geneem deur Empire Fotografie. Vir meer inligting, besoek Empire Fotografie se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ans ·

Ek dink daar het ‘n foutjie met die tyd gekom – program het geskuif van 18.30 na 21.00

wondermaarnet ·

Ek wonder hoeveel kykers het hulle verloor toe die tydgleuf verander het….

wondermaarnet ·

Ek wonder hoeveel kykers het hulle verloor toe die tydgleuf verander het….

Jorrie Jordaan ·

Die huidige tydgleuf is heel on van pas met betrekking dat dit gesins vermaak behoort te wees.
Hopelik skuif dit weer na vroeër tydgleuf!!!!!!!!!!!!!!!!

Se Net ·

Tydgleuf pas my glad nie. Het ook nie tyd vir catch-up nie want dit raak net te veel omrede die mooiste programme so laat uitgesaai word. Ruil dit asseblief om met die huidige “minder aangename” reeks. Dankie

Leeu ·

Waar is die “skreeusnaakse” uitrustings? Wonder hoeveel van die “fans” het die Halloween show geniet, maar in dieselfde asem op Facebook sê hoe satanisties dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.