Foto’s: Hier is die wenners van die 2015 ATKV-Mediaveertjies

Annie Malan is aangewys as die beste aktrise in 'n dramareeks of enkeldrama vir haar rol in 'Swartwater'. Foto: Esté Meyer Jansen

Annie Malan is aangewys as die beste aktrise in ‘n dramareeks of enkeldrama vir haar rol in ‘Swartwater’. Foto: Esté Meyer Jansen

Die ATKV-Mediaveertjies vereer jaarlikse presteerders in die Afrikaanse mediabedryf en dié toekenningsgeleentheid is gister by Vodacom World in Midrand gehou.

Die geleentheid het heel gepas plaasgevind op die dag wat Afrikaans sy 90ste jaar as amptelike landstaal vier.

Die bekende radiopersoonlikheid, Martelize Brink, het met twee Mediaveertjies weggestap vir beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram en haar program Oggend op RSG. Anton Brink van Tygerberg 104FM is gekroon as die beste aanbieder by ʼn gemeenskapradiostasie.

Die skreeusnaakse Emo Adams en Anne Hirsch was nie net die aanbieders van die aand nie, maar Emo het ook self ʼn mediaveertjie ontvang vir die beste aanbieder in ʼn vermaaklikheids- of leefstylprogram of werklikheidsreeks vir sy program Jou show met Emo.

Die eNuus-joernalis Daniëlla van Heerden het ook ʼn veertjie ontvang vir beste insetsel in ʼn nuusbulletin vir die insetsel Woema in die woestyn en Vrygebore en vrydenkend.

Johan van Jaarsveld van die televisiereeks Vallei van Sluiers het weggestap met die prys vir beste dramareeks of enkeldrama. Annie Malan het ʼn Mediaveertjie ontvang vir beste aktrise in ʼn dramareeks of enkeldrama vir haar rol in Swartwater terwyl Stian Bam aangewys is as die beste akteur vir sy rol in Vallei van Sluiers.

Hier volg ’n volledige lys van wenners:

 Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram:

Martelize Brink – Oggend op RSG: Edwin Cameron – RSG

Beste insetsel in ’n vermaaklikheids- of joernaalprogram:

Johan van Lill – RSG Kuns: Ballet 80 jaar – RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of dieptenuusprogram:

Izak du Plessis – Monitor: Plaasaanvalle – RSG

Beste vermaaklikheids- of joernaalprogram:

Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks:

Johan Rademan – Robbeneiland: Simbool van demokrasie – RSG

Beste radiodrama of -teater:

Margot Luyt – As die donker die son insluk – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie:

Anton Brink – Oggendrooi – Tygerberg 104FM

Beste indiepte-artikel:

Marelize Potgieter en Almari Wessels – “Skuldig of nie: God sal besluit” – Huisgenoot

Beste ondersoekende joernalistiek:

Pieter-Louis Myburgh – “Duurste soustrein” – Rapport

Beste persoonlikheidsprofiel:

Hanlie Retief – “Dok se diagnose oor haarself: Uitstekend!” – Rapport

Beste kunste-artikel:

Elmari Rautenbach – “Kamphoer: ’n Storie in twee stemme” – Rapport

Beste leefstyl-storie:

Hanlie Retief – “Grace Boltney” – Rapport

Beste essay, rubriek of opiniestuk:

Barend Vos – “For what we are about to receive …” – LiG

Beste sportartikel:

Erns Grundling – “Ons wag op die marlin” – Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant:

Paarl Post – Redakteur: Lise Beyers

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama:

Louis Pretorius en Johan van Jaarsveld – Vallei van Sluiers

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama:

Janhendrik Burger – Die lang kat

Beste dramareeks of enkeldrama:

Johan van Jaarsveld – Vallei van Sluiers

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama:

Stian Bam – Vallei van Sluiers

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama:

Annie Malan – Swartwater

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n gesels- of joernaalprogram:

Denver Vraagom – Kollig

Beste insetsel in ’n gesels- of joernaalprogram:

Wim Steyn – Dagbreek: PJ Kotze

Beste gesels- of joernaalprogram:

André Calitz en Ronel Moodie – Reis na Gister: Koos Kombuis

Beste aanbieder of onderhoudvoerder in ’n nuus- of aktualiteitsprogram:

Waldimar Pelser – Insig

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram:

Byron Taylor – Fokus: ’n Berg om te bid

Beste nuus- of aktualiteitsprogram:

Jaco Loubser – Groen Reis

Beste insetsel in ’n nuusbulletin:

Daniëlla van Heerden – eNuus: Woema in die woestyn en Vrygebore en vrydenkend

Beste dokumentêre program of programreeks:

Marike Bekker – Ruk & Riel

Beste vermaaklikheidsprogram:

Jaco Loubser – Jou show met Emo

Beste leefstylprogram:

Melanie Tait – DEKATv

Beste werklikheidsreeks:

Jaco Loubser – Kokkedoor 2

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheids-, leefstylprogram of werklikheidsreeks:

Emo Adams – Jou show met Emo

Opkomende joernalis van die jaar:

Anmi Honiball

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ben Raubenheimer ·

Waar kom Draadloos en Radio Pretoria en hul aanbieders ter sprake?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.