Foto’s: Hier is die wenners van die Tempo-toekennings

Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom- Leandie du Randt en verloofde, Bouwer Bosch. Foto: Adéle Changuion

Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom- Leandie du Randt en verloofde, Bouwer Bosch. Foto: Adéle Changuion

Leandie du Randt, Bobby van Jaarsveld en Brümilda van Rensburg is ʼn paar van die bekendes wat gisteraand by Emperors Palace elk weggestap het met ʼn Tempo-toekenning.

Bobby van Jaarsveld het tydens dié glansgeleentheid drie toekennings ontvang, onder meer vir musiekvideo van die jaar (“Een vir een”) en liedjie van die jaar (“My alles”).

Die sepie Binnelanders is aangewys as sepie van die jaar. Hans Strydom en Brümilda van Rensburg, albei te sien in dié sepie, is beloon met toekennings vir sepie-akteur en aktrise van die jaar.

Die Noot vir noot-aanbieder Johan Stemmet is ná 40 seisoene en meer as 600 episodes van dié reeks vereer vir die kultuurerfenis wat hy nalaat.

 

Die volledige lys wenners is:

Nuweling van die jaar

Adam Barnard – Ruk my tot stilstand

Gospel-album van die jaar

Danie Botha – Ge-anker

Kontemporêre album van die jaar

Riana Nel – Die regte tyd

Pop/sokkie-album van die jaar

Bobby van Jaarsveld – Maak ’n wens

Musiekvideo van die jaar

Bobby van Jaarsveld – “Een vir een”

Liedjie van die jaar

Bobby van Jaarsveld – “My alles”

TV-reeks van die jaar: aktualiteit, werklikheid, speletjies

Die Nataniël-tafel

TV-aanbieder van die jaar

Emo Adams – Jou Show

TV-reeks van die jaar: drama, sitkom

Vallei van sluiers

Akteur van die jaar: drama, sitkom

Nico Panagio – Vallei van sluiers

Aktrise van die jaar: drama, sitkom

Leandie du Randt – Vlug na Egipte

Sepie van die jaar

Binnelanders

Sepie-akteur van die jaar

Hans Strydom – Binnelanders

Sepie-aktrise van die jaar

Brümilda van Rensburg – Binnelanders

Rolprent van die jaar

Ballade vir ’n enkeling

Akteur van die jaar: rolprent

Bok van Blerk – Leading Lady

Aktrise van die jaar: rolprent

Donnalee Roberts – Ballade vir ’n enkeling

Radio-aanbieder van die jaar

Rian van Heerden – Jacaranda FM

Leesboek van die jaar

Deon Meyer – Ikarus

Topverkoper-CD van die jaar

Riana Nel – Die regte tyd

Topverkoper-DVD van die jaar

Lollos 6 – Lalaland!

Afrikaanse erfenislater

Johan Stemmet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Ek is verbaas Bok het beste filmakteur gewen en wonder hoe het hulle dit besluit. Dat ‘n sanger vir ander akteurs met jare se ondervinding in die filmbedryf só ore aansit, gaan my verstand te bowe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.