
Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom- Leandie du Randt en verloofde, Bouwer Bosch. Foto: Adéle Changuion
Leandie du Randt, Bobby van Jaarsveld en Brümilda van Rensburg is ʼn paar van die bekendes wat gisteraand by Emperors Palace elk weggestap het met ʼn Tempo-toekenning.
Bobby van Jaarsveld het tydens dié glansgeleentheid drie toekennings ontvang, onder meer vir musiekvideo van die jaar (“Een vir een”) en liedjie van die jaar (“My alles”).
Die sepie Binnelanders is aangewys as sepie van die jaar. Hans Strydom en Brümilda van Rensburg, albei te sien in dié sepie, is beloon met toekennings vir sepie-akteur en aktrise van die jaar.
Die Noot vir noot-aanbieder Johan Stemmet is ná 40 seisoene en meer as 600 episodes van dié reeks vereer vir die kultuurerfenis wat hy nalaat.
- Foto: Adéle Changuion
- TV en rolprentregisseur, Jozua Malherbe en verloofde, Rolanda Marais. Foto: Adéle Changuion
- Theodore Jantjies. Foto: Adéle Changuion
- Stefan Ludik en metgesel. Foto: Adéle Changuion
- Ruan Wessels en metgesel.Foto: Adéle Changuion
- Nuweling van die jaar, Adam Barnard en sy vrou, Almitra Botes. Foto: Adéle Changuion
- Foto: Adéle Changuion
- TV-aanbieder van die jaar Emo Adams en sy vrou, Michelle-Gildenhuys. Foto: Adéle Changuion
- Emo Adams en sy vrou, Michelle-Gildenhuys. Foto: Adéle Changuion
- Jakkie Louw. Foto: Adéle Changuion
- Jody Abrahams en Diaan Lawrenson. Foto: Adéle Changuion
- Joshua na die Reën en orkes. Foto: Adéle Changuion
- Foto: Adéle Changuion
- Deon Meiring en metgesel.Foto: Adéle Changuion
- Cordelia.Foto: Adéle Changuion
- Rolprent van die jaar- Ballade vir ‘n Enkeling. Cindy Swanepoel en Gavin Greef. Foto: Adéle Changuion
- Burgerd en Zita. Foto: Adéle Changuion
- Sepie-aktrise van die jaar: Brümilda van Rensburg saam Ruan Wepener. Foto: Adéle Changuion
- Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom- Leandie du Randt en verloofde, Bouwer Bosch. Foto: Adéle Changuion
- Adam Neels van Jaarsveld. Foto: Adéle Changuion
Die volledige lys wenners is:
Nuweling van die jaar
Adam Barnard – Ruk my tot stilstand
Gospel-album van die jaar
Danie Botha – Ge-anker
Kontemporêre album van die jaar
Riana Nel – Die regte tyd
Pop/sokkie-album van die jaar
Bobby van Jaarsveld – Maak ’n wens
Musiekvideo van die jaar
Bobby van Jaarsveld – “Een vir een”
Liedjie van die jaar
Bobby van Jaarsveld – “My alles”
TV-reeks van die jaar: aktualiteit, werklikheid, speletjies
Die Nataniël-tafel
TV-aanbieder van die jaar
Emo Adams – Jou Show
TV-reeks van die jaar: drama, sitkom
Vallei van sluiers
Akteur van die jaar: drama, sitkom
Nico Panagio – Vallei van sluiers
Aktrise van die jaar: drama, sitkom
Leandie du Randt – Vlug na Egipte
Sepie van die jaar
Binnelanders
Sepie-akteur van die jaar
Hans Strydom – Binnelanders
Sepie-aktrise van die jaar
Brümilda van Rensburg – Binnelanders
Rolprent van die jaar
Ballade vir ’n enkeling
Akteur van die jaar: rolprent
Bok van Blerk – Leading Lady
Aktrise van die jaar: rolprent
Donnalee Roberts – Ballade vir ’n enkeling
Radio-aanbieder van die jaar
Rian van Heerden – Jacaranda FM
Leesboek van die jaar
Deon Meyer – Ikarus
Topverkoper-CD van die jaar
Riana Nel – Die regte tyd
Topverkoper-DVD van die jaar
Lollos 6 – Lalaland!
Afrikaanse erfenislater
Johan Stemmet
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Ek is verbaas Bok het beste filmakteur gewen en wonder hoe het hulle dit besluit. Dat ‘n sanger vir ander akteurs met jare se ondervinding in die filmbedryf só ore aansit, gaan my verstand te bowe.