Foto’s: Hier is Qiniso se 15 manne

‘The Bachelorette SA’ (Foto: MNet)

Die eerste seisoen van The Bachelorette SA, met Qiniso van Damme in die hoofrol, het Donderdagaand afgeskop.

Qiniso het in dié episode 15 hubare mans ontmoet wat in die volgende paar weke gaan meeding om haar hart. Aan die einde van die proses sal slegs een man oorbly wat Qiniso se hart gesteel het.

Hier is die mans wat vanjaar aan The Bachelorette deelneem:

Lunga Kupiso is ʼn 30-jarige konsultant by ʼn regeringsorganisasie. Sy tyd is verdeel tussen Johannesburg en Ethiopië, maar hy kom oorspronklik van Idutywa in die Oos-Kaap af.

Lunga Kupiso (Foto: MNet)

Dylan Heneck (29) is ʼn musikant van Kaapstad. Hy is in die VSA gebore, maar woon al sedert 2006 (toe hy 14 was) in Suid-Afrika. Hy het ʼn graad in sakestudies.

Dylan Heneck (Foto: MNet)

Marc Coetzee (41) van Johannesburg is ʼn entrepreneur, lewensafrigter en pa van twee tienerseuns.

Marc Coetzee (Foto: MNet)

Franco Basson is ʼn 26-jarige finansiële konsultant van Johannesburg.

Franco Basson (Foto: MNet)

Ruan Meyer (26) besit sy eie konstruksiemaatskappy en is ʼn deeltydse argitektuurstudent. Hy kom oorspronklik van Bloemfontein, maar woon nou in Pretoria.

Ruan Meyer (Foto: MNet)

Aviwe Mahlakatha (25) kom oorspronklik van die Oos-Kaap, maar woon nou in Johannesburg. Hy is ʼn radio-vervaardiger, videoredigeerder en model.

Aviwe Mahlakatha (Foto: MNet)

Henk “Swazi” Nel (28) kom oorspronklik van Kaapstad af, maar het vir agt jaar in Swaziland gewoon, wat hom sy bynaam gee. Hy besit sy eie krieketskool na ʼn suksesvolle krieketloopbaan.

Henk “Swazi” Nel (Foto: MNet)

Vuyani Mashego is ʼn 28-jarige atleet van Johannesburg.

Vuyani Mashego (Foto: MNet)

Keelan McManus is 26 en hou daarvan om tyd buite deur te bring. Hy kom van Kaapstad af.

Keelan McManus (Foto: MNet)

Ten Naidu (36) is ʼn Durbaniet wat nege jaar lank reg oor die wêreld gereis het en 90 lande besoek het. Hy het onlangs teruggekeer na Suid-Afrika om liefde te vind waar hy grootgeword het. Hy is ʼn gekwalifiseerde onderwyser en doen modelwerk in die buiteland.

Ten Naidu (Foto: MNet)

Peter Roos (27) werk in finansies en woon in Johannesburg.

Peter Roos (Foto: MNet)

Justin Lakey is ʼn 26-jarige atleet van Johannesburg.

Justin Lakey (Foto: MNet)

Bradley Newton (29) van Johannesburg werk in die bank-en-versekeringsbedryf. Hy is ook ʼn atleet en opgeleide hip-hop-danser.

Bradley Newton (Foto: MNet)

Kyran Wright (32) is ʼn pa van Kaapstad wat tans weer studeer om te sorg vir sy jong kind.

Kyran Wright (Foto: MNet)

Kganya Rapoo (23) kom van Johannesburg en is tans besig met sy klerkskap om ʼn rekeningkundige te word. Terselfdertyd is hy ʼn dosent en ook besig met sy meestersgraad.

Kganya Rapoo (Foto: MNet)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MakersMark ·

‘n Man behoort homself nooit so te verneder nie. Shame.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.