[Foto’s] Jou Show trek nuwe baadjie aan

Emo Adams op die stel van 'Jou Show'. Foto: Verskaf

Emo Adams op die stel van ‘Jou Show’. Foto: Verskaf

Die kykNET-geselsprogram, Jou Show, met die gewilde aanbieder, Emo Adams, aan die stuur, gaan kykers dié seisoen verras met ’n nuwe tydgleuf, nuwe stel, ander formaat en meer pret as ooit tevore.

Die tiende seisoen van dié reeks word vanjaar weer in halfuur-programme uitgesaai en beloof om 30 minute van aksiebelaaide, skreeusnaakse vermaak en kykgenot te bied.

Bekendes soos Modder en Bloed se Sean Else en Stian Bam, Vir Altyd se Ivan Botha en Donnalee Roberts, die Sterlopers-akteurs Willem Botha en Jenna Dunster en Die Boekklub se Arno Marais en Greta Pietersen sal oudergewoonte ‘n draai maak om te gesels.

Ander gaste, waarna kykers kan uitsien in die nuwe seisoen, sluit in Vinette Ebrahim, Lizz Meiring, Zelda le Grange, burgemeester Patricia de Lille en Boer Soek ’n Vrou se nuwe aanbieder, Minki van der Westhuizen.

Jou Show sal ook nie dieselfde wees sonder fantastiese musiek nie: Karlien van Jaarsveld, Loki Rothman, André Venter, Charlize Berg en Saarkie sal die gehoor vermaak saam met nuwe talent soos Chris Rain en die rock-sensasie, Nagligte.

Hier is ’n voorsmakie van die eerste twee episodes van die nuwe reeks:

Episode 1 (4 April)

Die film Modder en Bloed is op almal se lippe. Vandeesweek verduidelik die regisseur, Sean Else en een van die akteurs, Stian Bam, waarom die film soveel aanklank by die kykers gevind het. Ons sluit die episode af met ‘n optrede deur Pietman.

Episode 2 (11 April)

Celeste Matthews en Pascual Wakefield kom deel stories oor hul rolle in die nuwe kykNET sitkom, Vinkel en Koljander, terwyl die sanggroep Saarkie die gehoor vermaak met een van hul enkelsnitte.

Jou Show is van Maandag 4 April om 20:00 op kykNET kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sê maar net ·

Dis nie veel van ‘n verrassing as hulle voor dit tyd dit aankondig saam met ‘n stel fotos nie.

Johannes Comestor ·

Pleks van publisiteit aan hierdie program te verleen behoort daar veel eerder beswaar teen die titel en die bedenklike Afrikaans gemaak te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.