Foto’s: ‘Love Island SA’ skop af

Leandie du Randt is die aanbieder van Love Island SA (Foto: Facebook)

Die heel eerste Suid-Afrikaanse seisoen van die bekende realiteitsreeks Love Island het Sondagaand afgeskop. Tien “eilandgangers”, soos wat aanhangers hulle noem, wat oor die volgende paar weke saam gaan woon op soek na liefde is aan die publiek bekend gestel.

Maroela Media het vroeër berig dat Love Island ʼn realiteitsprogram is waar ʼn groep enkellopers in ʼn pragtige omgewing, gewoonlik in ʼn deftige hotel of villa, bymekaarkom. Daar begin hulle ʼn somer van liefde, vriendskap en uiteindelik verhoudings.

Uit die eerste episode is dit duidelik dat die eilandgangers tuisgaan by ʼn deftige landgoed in die wynland. Leandie du Randt hou haar lyf aanbieder en moedig die eilandgangers aan om pret te hê en in die proses liefde te vind.

Elke week moet die eilandgangers pare vorm en elke week word die opsie gebied om met iemand anders ʼn paar te vorm. Die deelnemers wat nie in ʼn paar is nie, kan huis toe gestuur word.

Hoewel die eilandbewoners op soek is na liefde, moet hulle ook sorg dat hulle bowenal die harte van die kykers wen, want die kykers besluit uiteindelik watter paar met die finale prys van R1 miljoen wegstap.

Die eerste tien eilandgangers – vyf dames en vyf mans – is Sondagaand aan die publiek bekendgestel, maar ʼn rits ander enkellopendes gaan deur die loop van die reeks ook die villa binnekom en die verhoudings toets wat reeds gevorm is.

Love Island SA word van Maandae tot Vrydae om 21:30 op M-Net, kanaal 101, uitgesaai.

Hier is die eerste 10 deelnemers van Love Island SA:

Asad Boomgaard (24) is ’n persoonlike afrigter van Johannesburg.

Asad Boomgaard (Foto: MNet)

Erin Japhta is 22 en studeer bemarking in Los Angeles. Sy kom oorspronklik van Kaapstad.

Erin Japhta (Foto: MNet)

Ian de Beer (24) studeer regte en is ’n liggaamsbouer.

Ian de Beer (Foto: MNet)

Jay Freemantle is ’n 23-jarige sosialemediabeïnvloeder en eienaar van sy eie bemarkingsmaatskappy.

Jay Freemantle (Foto: MNet)

Kaige Bertasso is ’n 21-jarige Durbaniet wat voorheen ’n tennisafrigter was.

Kaige Bertasso (Foto: MNet)

Durang Atembe is ’n 22-jarige persoonlike afrigter van Kaapstad.

Durang Atembe (Foto: MNet)

Millie Terblanche (20) is ’n YouTuber van Kaapstad.

Millie Terblanche (Foto: MNet)

Rochelle van Vuuren is ’n 23-jarige van Pretoria. Sy het ’n BCom-graad en produseer inhoud vir digitale platforms.

Rochelle van Vuuren (Foto: MNet)

Summer da Cruz (21) is ʼn professionele danser van Johannesburg.

Summer da Cruz (Foto: MNet)

Thimna Shooto is ’n 26-jarige van Mosselbaai.

Thimna Shooto (Foto: MNet)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MakersMark ·

Die braai hoender draai oond by Fontana kafee in Hilbrow was meer interessant.

sopbeen ·

Lyk of almal gekies is slegs op hul looks. Pleks hul normale mense gekies het met verskillende persoonlikhede met wie mens kan vereenselwig.

Jax ·

Regtig! Realiteit program maar daar word vir hulle gesê wat om te doen en wat om te sê. Die vervaardigers hou dinge “lewendig” sodat dit kyksyfers sal trek. Absoluut onsin wat duisende Rande kos om te vervaardig – dit terwyl daar mense in groot nood is en beslis daai geld baie beter sou kon gebruik. Groot pot snert.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.