Foto’s: Luukse nessie wink vir nuwe Mej. SA

Die nuwe Mej. SA sal kan afkoel en vriende onthaal op die buitestoep van haar nuwe, luukse woonstel in Midrand. (Foto: Indirect Media)

Die nuwe Mej. Suid-Afrika sal na afloop van volgende naweek se kroningsgeleentheid ʼn splinternuwe, luukse dakwoonstel in Midrand haar nuwe tuiste kan noem.

Die titelhouer sal vir die jaar wat sy as Mej. SA dien in dié woonstel, ter waarde van R10,5 miljoen, tuisgaan. Die woonstel is deel van die wenner se pryspakket van R3 miljoen en is geleë in die splinternuwe en gesogte Ellipse Waterfall-ontwikkeling in die hartjie van Waterfall City.

Die ontwikkeling bestaan uit vier glinsterende toringgeboue, naamlik Galileo, Cassini, Newton en Kepler. Elke woonstel spog met ultra-moderne afwerkings, ekovriendelike kenmerke, lugtige binneontwerp en dak-tot-vloer-vensters met ongeëwenaarde uitsig. Inwoners het ook toegang tot die Luna-klub, wat welstand-, sake- en ontspanningsopsies bied.

Die woonstel is ten volle gemeubileer deur Superbalist, met huisware wat deur Woolworths verskaf is. Galaxy Blinds het die blindings en gordyne verskaf.

Die slaapkamer is smaakvol in wit en plantmotief getooi terwyl die leefareas met neutrale kleure versier is.

Die Ellipse Waterfall-geboue is ontwerp deur die argiteksfirma dhk Architects en is ontwikkel deur Tricolt and Attacq.

Die slaapkamer is smaakvol in wit en plantmotief getooi. (Foto: Indirect Media)

“Tricolt is altyd besig om grense te verskuif wat luukse ontwerp en geriewe van wêreldgehalte betref. Ons Ellipse-ontwikkeling is ʼn uitstekende voorbeeld,” sê Tim Kloek, uitvoerende hoof van Tricolt and Attacq.

Die nuwe Mej. SA word op Saterdag 13 Augustus aangewys. Die kompetisie word om 18:30 regstreeks uitgesaai op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) en M-Net (DStv-kanaal 101). Internasionale gehore kan deur middel van die Miss South Africa-app inskakel.

Die toptien deelnemers aan vanjaar se kompetisie is Anarzade Omar, Ayanda Thabethe, Itumeleng Parage, Keaoleboga Nkashe, Lebogang Mahlangu, Luvé Meyer, Luyanda Zuma, Ndavi Nokeri, Pearl Ntshehi en Tamsyn Jack.

Mej. SA word deur Weil Entertainment in samewerking met M-Net, Mzansi Magic en Sun International aangebied.

Die toptien deelnemers saam met Tim Kloek van Tricolt and Attacq. (Foto: Indirect Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Miena ·

amper verstik ek aan my koeldrank net om te lees na die prys van die wooneenheid. Daar is seker n huiswerker of 2 en n “butler” ook erens in die prentjie – want sal Mej SA nou self bed opmaak en was en stryk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.