[Foto’s] Ontmoet vanjaar se ‘Boer soek ʼn vrou’-manne

Boer Jacques (27) Foto: Verskaf

Die tien finaliste van vanjaar se Boer soek ʼn vrou-reeks is Sondagaand amptelik deur kykNET bekendgemaak.

Dié boere, wat vanjaar weer ʼn vrou insluit, se ouderdom wissel tussen 23 en 60 jaar.

Wilmer Muller, kykNET-mediabestuurder, sê die tiende seisoen van dié gewilde reeks hou talle verrassings in.

“Die reeks gaan onder meer drie episodes bykry wat ’n terugblik gaan gee oor die vorige nege seisoene. Ons gaan byvoorbeeld kyk waar sommige van die deelnemers hulle bevind,” sê hy.

Die model en televisiepersoonlikheid Minki van der Westhuizen is weer die aanbieder van dié reeks wat vanaf Oktober op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien sal wees.

Diegene wat belangstel, het tot 26 Mei om vir die kompetisie in te skryf. Inskrywings geskied op die kykNET-webwerf.

Die vyf boere wat die meeste briewe kry, sal in die tiende reeks van Boer soek ʼn vrou verskyn.

Boer Jacques (27) Foto: Verskaf

Boer Adriaan (27) Foto: Verskaf

Boer Braam (32) Foto: Verskaf

Boer Carl (31) Foto: Verskaf

Boer Eben (29) Foto: Verskaf

Boer Heleen (53) Foto: Verskaf

Boer Johan (60) Foto: Verskaf

Boer Ruan (27) Foto: Verskaf

Boer Stephen (24) Foto: Verskaf

Boer Stoffel (30) Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

CAROL ·

BIETJIE TE JONK VIR MY MAAR – OE NEH KYK PAPPIE HIER IS “SEXY” MANNETJIES IN ONS LAND (HAHAHA)

willem ·

Ek hoop tog net die keer kan een van hulle ware liefde kry en dat dit nie weer so groot flop soos die vorige seisoen gaan wees nie…

Bytjie ·

Ag nee, te jonk. Kan hulle nie maar meer in die ouderdoms groep van 35 tot 40, deelnemers insit nie? Kan nie dink dat sulke jong mans nog enkel lopend is nie en hulle is aantreklik ook EN N BOER! Hehehe… Sterkte manne… Hoop julle vind jul lewensmaats.

Gesie ·

Boer Heleen en Boer Johan lyk nogals of hulle ‘n oulike “paartjie” sal uitmaak. ☺☺☺
Net ‘n gevoel gekry daaroor.

Dromer ·

Nee los uit, boer Johan is MYNE (in my wildste drome haha ?)

Sierra ·

Pragtige jong manne met inbors! Ai, darem so trots op ons jong boere in SA! Meisies skryf net in indien jul ernstig is – nie net vir die grap of indien jul “lugtyd” soek nie. Sterkte manne!

Bessie ·

Minki moet tog net nie weer kort-kort huil nie!! Of sny dit uit, ons wil dit nie sien nie.

Yster ·

Ek weet vars lug, melk en eiers vars vannaf eie plaas laat plaaskinders vinnig groot en sterk groei, maar Boer Jacques 2 jaar oud?

Janie Monsieur ·

Dagsê Yster,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die vingerfout! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Chris ·

Ek sê elke keer ek gaan nie Boer soek vrou kyk nie, maar sowaar kyk en weer. Ek het die bekendstelling van die nuwe boere en boerin gekyk. Oulike groep mense. Ek is net verbaas oor die foto’s wat mens sien waar die boere sosiaal verkeer. Daar is oulike meisiekinders op van die foto’s. Ek dink van die mannetjies is te lekkerbekkig. Partykeer is die diamante by jou voete. Die Jaques man het my beindruk en som dit baie goed op. Hy bly op ‘n plek waar dit nie maklik is nie. Geen Woolies in ‘n radius van 500km nie. Daar trou jy met iemand van die area. Hy was reg. As jy nie ernstig oor jou voorneme nie, hou verby. Daardie streek van die land huil jy twee keer. As jy daar aankom en die dag as jy padgee.

DD ·

Ek wens ek kan my dogter so ver kry om in te skryf. Daar is so min goeie manne daar buite en van hierdie boertjies lyk na die ideale skoonseun….
Ongelukkig soos dit in hierdie land op die plase gaan, is menige meisies maar skrikkerig.
Sterkte julle ouens, hoop julle kry opregte meisies wat belangstel en nie soos die vorige reeks poppies wat eintlik daar is vir die verkeerde redes nie…

Ja wat... ·

Hoop regtig nie hierdie reeks is weer …. boer soek n vriendin nie…

Ken2 ·

Of boer soek publisiteit vir sy gasteplaas of besigheid nie. Of universiteitsmeisies soek aandag op nasionale tv nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.